Monthly Archives: August 2012

Eindeksamen is geskryf, nou moet ek wag

Ek het gister my eindeksamen geskryf so wag ek nou tot ek my uitslag binne ‘n paar weke kry. Hierdie keer het ek net een eksamen geskryf maar dit het veel moeiliker as al die vorige eksamens gevoel so dis moeilik om te weet of ek gaan slaag. Ek wil seker nie herskryf nie.

As ek slaag, moet ek iets nuuts vind om met my vrye tyd te maak. Dit gaan vreemd wees nie om meeste aande te studeer nie so miskien gaan ek nou weer ‘n vreemde taal leer of ‘n sport doen.

Te besig om te skryf

So veel het onlangs in Londen plaasgevind het, maar ek is tans so besig om vir my eindeksamen te hersien dat ek niks geskryf het nie. Hopelik moet ek net vir ses meer dae studeer dan gaan alles gedaan wees.

Die Olimpiese Spele was baie pret, veel beter as ek verwag het – en ek was al jare lank baie opgewonde daarvoor – en ek was gelukkig om veel kaartjies te kon kry – vir voetbal, hockie, strand vlugbal en basketbal. Dis snaaks dat vriende wat voorheen so veel oor die spele gekerm het, skeilik nou baie entoesiasties daarvoor geword het, en is nou op soek na kaartjies. Julle het geglo dat julle so veel slimmer as ons domme gepeupel is toe julle kerm-kerm het – dis te duur, te korporaat, julle is net sinies, daar’s te veel geld in pofesionele sport ens – ons vergeet julle nie! Ek hoop om kaartjies vir die Paralimpiese Spele te kry maar as ek kan nie, is dit geen probleem nie want ek het reeds die Olimpiese Park besoek.

‘n Paar weke vroeër het ek na Duitsland toe gegaan. Ons het deur België en Nederland gery en het Drielandenpunt besoek waar die drie land mekaar begrens wat interessant was. Ek kan nou sê dat ek die vorige Neutral Moresnet besoek het waar een keer het mense ‘n poging gemaak om daarby ‘n Esperantotalige land te skep. Die Belgiese kant was ons gunstelinge deelte.