Monthly Archives: November 2009

Saracens teen Suid-Afrika

Dinsdagaand het ek eers my CIMA eksamen weer geskryf en geslaag (67% – ongelooflik!) en toe het ek na Wembley-stadion toe gegaan om die Saracens teen Suid-Afrika wedstryd te kyk. Soos jy weet, is ek ‘n voetbal man maar ek hou nou ‘n bietjie meer van rugby en die geleentheid om die Springbokke te sien speel is een geleentheid om te gryp. Saracens is nou my span – hulle is besig om hulself te versuidafrikaans – en die kaartjies was £10.

Nou weet ek dit was nie die eerste, volle Springbokke span nie. Dit bedoel nie dat Saracens beter as die Springbokke is net want Saracens gewen het nie. Ek weet dis ‘n friendly. Ek weet die afrigter het besluit om die ander spelers te gebruik wat nie altyd speel nie. Suid-Afrika bly die wêreldkampioene. Ek weet dit. Op die ander kant was dit cool dat Saracens gewen het. Dit bedoel niks maar terselfdertyd bedoel dit soveel vir al die mense wat Saracens vir so lank ondersteun het. Ek het myself verbaas om uit te vind hoeveel ek omgegee het toe ek na Hougaard geskreeu het “Don’t f****** kick it! Run with it!” – nanosekonde voor hy die laaste skepdoel gekry het! Ek dink almal het ‘n baie lekker aand geniet en dit was ‘n groot rugby en finansiele sukses vir Saracens want meer as 40,000 mense het gekom en hulle speel nou op twee meer kere in Wembley-stadion so hopelik sal ek gaan.

Dis baie snaaks om die reaksies van Springbokke ondersteuners te lees. Veel mense het net die aand geniet en weet dat soms jou span verloor en daar’s niks jy kan daaroor doen nie. Hulle weet dis nog ‘n friendly en dit was baie pret. Maar daar’s ook ‘n groot aantal wat kerm en kla. Dit was nie die eerste span nie. Saracens is eintlik ‘n Suid-Afrikaanse span want daar’s soveel Suid-Afrikaners wat vir hulle speel, dis nie ‘n Engelse span nie. Daai Suid-Afrikaners is nie goed genoeg om vir die Springbokke te speel nie. Hulle is verraaiers, veral Hougaard. Ensvoorts. Ek weet nie wie kerm meer nie, ons Britte of Suid-Afrikaners. Sports fans is altyd so. Soos ek gesê het, baie snaaks.

‘n Baie cool aand en ek is bly dat ek gegaan het.

Can I kick it? Yes you can!

Can I kick it? Yes you can!

Derick Hougaard

Derick Hougaard

Spot the ball competition sponsored by Littlewood Pools

Spot the ball competition sponsored by Littlewood Pools

You guys took one hell of a beating!

Your boys took a hell of a beating!

German Film Festival in Londen

Wil iemand hierdie maand na die German Film Festival toe kom? Elke jaar wil ek gaan en elke jaat gaan ek nie so vanjaar sal ek beslis gaan. Ek hou baie van Duitse en Duitstalige rolprente en daar’s veel onlangse suksesvolle rolprente soos Goodbye Lenin!, Das Leben Der Anderen en Die Fälscher. Hulle wys hoe ryk en intelligent die kultuur van Duitsland en Oostenryk is. Ek hou daarvan om na Duits te luister maar ek kan maar ‘n bietjie volg. Miskien sal ons een dag ‘n Duitstalige rolprent uit Namibië kan kyk.

Na my mening is Duitse rolprente so veel meer interessant en genietbaar as al die afskuwelike Engelse rolprente met dieselfde stereotipiese Britse ryke idiote en arme helde. Ek verstaan nooit hoekom sekere Britse rolprente baie suksevol is nie, hulle gee ‘n valse idee oor moderne Brittanje wat mense oorsee nog glo. Daar’s ‘n paar goeie Britse rolprente soos This Is England, Trainspotting of Withnail & I (okei dis nou ‘n ou rolprent) – ek weet daar’s anders maar ek kan nie tans hulle name onthou nie – maar dit blyk so selde te wees. Almal hier is so trots op die Britse rolprent nywerheid maar hulle felisiteer net hulself en dink hulle is nog belangrik. Miskien kyk mense eerder rolprente wat uit ander lande as hulle s’n kom.

En as ons oor die onderwerp van nasionale rolprente gesels, waar is die nuwe Afrikaanstalige rolprente?

Muse

Donderdag het ons Muse in O2 Arena in Londen gaan sien. Niks veel om te berig nie sonder om te sê dat hulle fantasties was en ons het ‘n goeie uitsig gehad. Nes altyd daar’s foto’s onder.

Moeilik om te beskryf

Moeilik om te beskryf

Indrukwekkende video's

Indrukwekkende video's

Ligte

Ligte

Rook

Rook

Probleme met WordPress

Weet almal as daar probleme met WordPress is? My skakellys aan die regs het vanoggend verdwyn en ek kan nie uitwerk wat ek moet doen om dit te herstel nie. Natuurlik en ongelukkig ken ek baie min oor rekenaars (en rekeningkunde!) en sagteware so as jy kan help, laat my weet asseblief.

_______
Okei dit blyk nou uitgesoort te wees, ek weet nie wat plaasgevind het nie.