Monthly Archives: October 2015

Namibië, ons is vir jou!

In die week het ek Leicester toe gegaan vir die Kanada teen Roemenië westryd in die Rugbywêreldbeker – Roemenië het ‘n beroemde oorwinning gekry – en vanoggend sit ek weer op die bus Leicester toe vir die Argentinië teen Namibië wedstryd. Ek dink ek was die enigste oke in ‘n Namibiër t-hemp en beanie, almal anders – en ek bedoel die hele bus – was Argentiniërs. Ek gesels ‘n bietjie met die oke wat langsaan my sit en hy vertel vir my oor sy besoek na Brittanje met sy werk en hoe gelukkig hy is om sy nasionale span te kan kyk.

By die stadion was weer die meerderheid mense Argentynse ondersteuners en ek het nie besef net hoeveel van hulle hier bly en werk nie. Gelukkig was daar ‘n getal ander Namibiërse ondersteuners, wel ek vermoed hulle was plaaslike mense wat besluit het om te ondersteun, en ook ‘n paar Suid-Afrika truie. Die son skyn en die weer was warm en dit voel nie soos Okotober-maand nie.

Vlae van Argentinië en Namibië

Die vlae van Argentinië en Namibië

So dis geen verrassing dat Argentinië gewen het en dat hulle Namibië geklop het nie. Ons weet dat Argentinië ‘n baie goeie span is wat die eindetelling verduidelik. Op die ander kant het Namibië goed gespeel en het drie dries gedruk en twee verdoel. Na my mening was een van hul geel kaarte baie onregverdig en toe ons op die videoskerm gekyk het meeste ander mense ook só gedink.

Ons weet hierdie wedstryd was ‘n dead rubber, maar dit was fantasties om Namibië te sien speel en die spelers lyk trots op hul pogings in hierdie toernooi. Ja, hulle het al vier wedstryds verloor maar almal erken dat hulle verbeter. My sitplek was goed, reg in die middel van die pale so het ek ‘n goeie uitsig gehad.

Namibië verdoel

Namibië verdoel

Só ná meer as tien uur op die bus in elke rigting vir twee rye na Leicester moet ek sê ek het dit baie geniet. Ek is gelukkig ek die poging gemaak het om kleiner spanne te kyk; ek hoor te veel mense sê dat hulle Nieu-Seeland of Australië wil kyk – ja, jy en ook duisend ander mense.

Dit laat my dink ‘n bietjie aan die Suid-Afrika teen Skotland wedstryd wat ek met Suid-Afrikaanse vriende in die kroeg gekyk het. Langsaan die bar sit ‘n paartjie, die vrou dra ‘n Engeland trui en die man dra ‘n Suid-Afrika trui en hulle juig en screeu soos ander ondersteuners en die wedstryd en uitslag is belangrik vir hulle twee. ‘n Bietjie later by die bar gesels een van ons met hulle, hy vermoed die man is Suid-Afrikaner. Nee, hulle twee is Brasiliërs en het besluit om die atmosefeer te geniet en het nasionale spanne gekies om te ondersteun. Hoe cool was hulle! Soms as dit nie jou gunstelinge spoort is nie kan jy iets nuuts ervaar en geniet saam met die ernstige fans.

Nog 'n ander drie vir Argentinië

Nog ‘n ander drie vir Argentinië