Monthly Archives: May 2018

Soms kry ek geleenthede om Afrikaans te praat

Dis nog ‘n ander einde van ‘n maand en ek het min te berig. Feitlk het ek ‘n bietjie Afrikaans by ‘n braai gepraat toe ek is gesê dat ek soos ‘n Nederlander klink weens my aksent. Ek weet dis waar, maar na my mening is ‘n Nederfrankiese taal aksente g’n probleem. Een rede hoekeom ek só dink – behalwe dat ek in die waarheid weet ek só klink – is dat ek onlangs ‘n klompie video’s op YouTube kyk en ek hoor ‘n vlogger wat met die invloed van die moedertaal aksent praat wat my laat verstaan hoekom mense só sê. Ons almal wil só vlot of outentiek soos moontlik kan praat, maar een ding meer belangrik as aksent is verstaanbaarheid en as mense jou kan volg (en ek verstaan goed die blogger) dan gaan jy in die regte rigting en die aksent sal kom. As mense lag oor jou aksent, ignoreer hulle.

‘n Paar dae later staan ek buite ‘n kroeg en gesels ek met twee outjies wat daar staan. Dis ‘n gewone ervaring dat as ek Afrikaans met mense begin praat – wat ek weet Afrikaans praat want ek hoor hulle Afrikaans praat – beantwoord hulle ontmiddelik in Engels. Dis ‘n skaamte maar ek vermoed dat hulle voel hulle moet nie in Afrikaans beantwoord in die buiteland nie. Ek moet hard werk om te wys dat, ja ek ken hul moedertaal en ek wou graag gesels.

Ek soek ook altyd op Twitter oor Afrikaans en veel ander onderwerpe – soos my voetbal klub en ander belange. Ek moet sê dat ek baie bekommerd raak wanneer ek sien hoe Afrikaans en verwante onderwerpe word dikwels deur sekere mense gebruik om ‘n tipe identiteite politiek te bevorder veral in die buiteland. Hierdie is beslis nie my politiek nie. Ek hou van die taal, en alle tale, en ek glo dat tale buitendiens kultuur of politiek kan bestaan; ek praat Engels en miljoene mense praat Engels sonder verwysing na Shakespeare of Dickens of Buckingham-paleis. Ek het nooit op skool geniet om Shakespeare en Dickens te moes studeer.

Vir ons wat al lank tyd ‘n belang in die taal hou, pla dit om te sien dat sommige mense terug na die verlede wil kyk. Dit maak dit moeiliker om die taal as net een van veel kommunikasietale in Suid-Afrika en in die wêreld te bevorder. Ek moet altyd oppas wanneer ek nuwe mense op Twitter begin volg tensy hul wêreld perspektief, na my mening, veel af is.