Monthly Archives: October 2006

Dis laat en môre is ‘n nuwe week

Ek het vandag ‘n epos van Die Stem ontvang – dis die gratis maandelikse Afrikaanse koerant in die VK. ‘n Ou in ons Afrikaanse koffiekroeg het ‘n brief vir hulle geskryf oor sy ervaaring as Nederlandssprekender om Afrikaans te leer en hy noem ons, dus wil hulle ‘n bietjie meer inligting oor die groep kry om tesame met die brief te publiseer. Dis so ‘n goeie geleentheid om die groep te bevorder en nuwe mense te bereik.

‘n Vriend het my vandag gebel wat na Pretoria vir drie maande se werk vlieg. Natuurlik is ek baie jaloers (en beïndruk) maar sy besef nie dat ek nou haar sal vra om Afrikaanse goed vir my te kry nie!

Donderdagaand

Ek sit en luister na Eben se potgooi wat baie goed is, net soos jy gedink het.

Ek het onlangs nie veel Afrikaans “gedoen” nie, ek is tans ‘n bietjie lui. Op die een kant gaan ek in November Fokofpolisiekar op twee keer sien speel en ek is baie opgewonde, maar op die ander kant het ek nie die taal gepraat nie. Ek probeer om elke dag ‘n bietjie Afrikaans te oefen – leer ‘n nuwe woord of lees ‘n klein berig maar tans is ons so besig op die werk wat eitnlik baie goed is.

Ek lees An Unpopular War wat ek op Kalahairi gekoop het. Ek’s nie Suid-Afrikaner nie maar dis tog interessant om hulle verhale te lees en om ‘n bietjie meer oor die land en die ervarring van soveel mense te ontdek. Ongeluk is daar te min Afrikaans.

Okei, dis al. Ek sal probeer om meer dikwels te skryf.

My geskenke in die pos

Een, ek het die SA Times lesers se opname (readers survey – ek weet nie die regte woord nie) voltooi en hulle het vir my ‘n gratis subskripsie vir een maand gegee. Ek het gevra of hulle meer Afrikaanse nuus en berigte kan publiseer.

Twee, my pakkie van Kalahari af het gekom! Ek het Paljas, An Unpopular War en The Forgotten Frontier gekoop. Die posgeld is so duur dit maak sin om ‘n klomp dinge te koop. Okei dit neem meer as vyf weke om te kom maar ek is bly daarmee.

Drie, my vriend Sybrandus in Kaapstad het die nuwe Kallitz CD vir my gekry! Dit het nie nog gekom nie maar ek is baie opgewonde!

Die weer buite

Jeez man dit reën! Ek weet wel dat nou dit Oktober is en ek woon in Brittanje maar dit word my wakker, dis so hard. Die katte is nie so gretig om in die tuin te gaan nie en persoonlik wil ek nie ook buite gaan nie.

Die Engelse ou moet altyd oor die weer kla!