Kontak | Contact

Skryf ‘n kommentaar as jy kontak wil maak.

5 thoughts on “Kontak | Contact

  1. Francois

    Hi Alexander.

    Is ek miskien die persoon wie se boodskap jy verloor het? Ek sal probeer om te onthou wat ek alles geskryf het… As dit nie ek was nie, dan maak ek nou seker my naam lekker gat… maar nou ja 🙂

    Ek is besig om Duits te leer, en ek het heeltemal toevallig op jou blog afgekom toe ek “hoe om vinnig duits te leer” op Google gesoek het.

    Dit is ongelooflik cool om te sien dat iemand oorsee belangstel om Afrikaans te leer. Jy skryf baie goed Afrikaans en ek was beïndruk met hoe goed jy spel.

    Verder het ek vertel dat ek ‘n Afrikaanse moedertaalspreker is, en dat my vrou ‘n Afrikaanse dosent (en tolk) is by ‘n universiteit, so as jy sukkel met iets is jy welkom om te vra. (Daar is darem voordele daaraan om met ‘n dosent getroud te wees!)

    Aan die einde het ek genoem dat jy musiek kan gebruik om jou uitspraak te oefen. Deesdae luister ek feitlik net na Duitse musiek en dit help nogal baie. Goeie Afrikaanse bands waarna jy op Youtube kan luister is:
    Tussen Sterre
    NRG
    Brendan Peyper
    Straatligkinders
    NRG het ook ‘n klomp videos wat die lirieke wys, sodat jy gelyktydig kan lees en luister.

    Sterkte met die leerdery!

  2. Alexander Post author

    Francois

    Baie dankie dat jy vir tweede keer jou kommentaar los, ek waardeer dit baie! Die Afrikaans blogosfeer voel baie stiller as ‘n paar gelede so dis goed om te leer dat mense soms nog steeds lees. Ek sal vir jou ‘n e-pos stuur.

    Dankie vir die voorstellings vir Afrikaans musiek. Ek het vanoggne feitlik Francois van Coke se nuwe album afgelaai en ek het hom op ‘n paar keer in Londen sien speel en met hom ‘n bietjie gesels.

    Hoe vind jy Duits om te leer, as Afrikaans moedertaalspreker?

  3. Francois

    Ek was lanklaas op jou blog gewees, so ek het eers vandag gesien dat jy reply het, skuus man!

    Vir my as Afrikaanssprekende is Duits nogal maklik, maar die grammatika is ‘n bietjie moeilik. Ek weet almal sê dat dit moeilik is, maar omdat baie van die konsepte glad nie in Afrikaans bestaan nie, dink ek dis ‘n klein bietjie erger as vir mense van ander tale. Ons het byvoorbeeld nie die hele “die/der/das” ding nie, of “die vier fälle” nie, so dit is ‘n moeilike konsep vir my. Franse en Englese mense het eintlik ‘n bietjie van ‘n voorsprong wanneer hulle Duits leer, omdat hulle tale ook goed het soos “I am, you are, he is” = “ich bin, du bis, er ist”, ens. (Wat glad nie in Afrikaans bestaan nie.)

    Gelukkig is die Duitse woorde vir my baie maklik om te leer. Dikwels kan ‘n mens die verwantskap sien tussen ‘n Afrikaanse woord en ‘n Duitse een, soos “daarom” en “darum” ens. Dit help my om te kan raai wat ‘n woord beteken as ek dit nog nie ken nie. Ek kon redelik vinnig by ‘n punt kom waar ek mense kan verstaan en boeke kan lees. Dit is die grootste voordeel van Duits, dat die woorde soortgelyk is, dit maak op vir al die taalreëls wat ek moet leer!

    Dis nogal verslawend om ‘n nuwe taal te leer… ek vind dit baie interessant. Ek beplan al klaar wat ek volgende wil leer, wanneer ek vlot is in Duits!

    Hoeveel tale praat jy altesaam?

    As jy hou van Francois van Coke, sal jy dalk ook hou van Fokofpolisiekar – dis die band waarin hy oorspronklik was. Hy sing ook partykeer saam met Karen Zoid., as jy nog iemand soek om na te luister.

    Ek was nou die dag by ‘n konsert gewees van my gunsteling band, ‘Die Heuwels Fantasties’. Hulle sing baie vinnig en onduidelik, so dit is selfs vir my partykeer moeilik om uit te maak wat hulle sing, lol!

    Groete uit Suid-Afrika!

  4. MooiLaan

    Hallo Alexander! Bly om te sien jy hou nog al die jare jou blog op datum. Mag ek jou iets vra?

    Ek wil graag van tyd tot tyd enkele van jou skrywes herpubliseer op ‘n Afrikaans-medium webpublikasie genaamd MooiLaan.Com. Ek sal vir jou ‘n skakel gee terug na jou webwerf afrikaanslondon.co.uk by elke skrywe wat ek gebruik.

    Vir ‘n voorbeeld, sien asb. mooilaan.com/alexanderskryf/alexanderskryf1.html

    Laat weet asb. as jy ‘n beswaar sou hê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam