Monthly Archives: July 2018

Kiswahili

Verlede week neem ek ‘n klas oor Swahili of Kiswahili wat die naam in die taal homself is. Ek is al lank tyd baie nuuskierig oor Swahili. Almal weet oor die taal en ek lees oor sy groot rol as lingua franca in so veel oos-Afrika lande. Oor die jare ontmoet ek ‘n paar mense wat óf moedertaal sprekers is óf Swahili in Afrika geleer het. Veel universiteite bied kursusse aan so dis seker ‘n taal wat jy taamlik maklik kan leer.

So wat het ek geleer? Ek het tot dusver net Indo-Europese tale gestudeer soos Afrikaans, Frans, Spaans en Esperanto so Swahili lyk heeltemal anders soos jy sou dink. En toe hierdie ander tale gestudeer het, kon ek maklik veel uitdink maar hierdie keer sukkel ek om die basiese, alledaagse woorde te onthou wat ek maar vyf minute vroeër geleer het. Die klas het seker ‘n bietjie laat verduidelik oor die struktuur wat ek nie vooraf kon verstaan nie. Aan die einde van die drie ure was ek uitgput.

So ja ek het die klas baie geniet. Dit laat my dink in ‘n verskillende weg – met veel moeilikhede – en die ervaring was genietbaar want ek is altyd op soek na iets nuuts te doen. Op die oomblik is ek baie besig met Esperanto, ‘n bietjie Frans (ek glo ek praat beter as ek dink) en Afrikaans (ek het planne om op ‘n paar aspekte te werk en wil ‘n paar lesse op Skype neem) sodat vir nou ek net ‘n bietjie Swahili op Duolingo sal leer. Maar die taal sit op my lys van taal wat ek beter wil ken en as ek enige sprekers ontmoet miskien ek my planne verander.