Monthly Archives: January 2020

Nuwe jaar en nuwe tegnologie

Onlangs moes ek ‘n nuwe skootrekenaar koop want myne was so oud en so stadig dat ek sukkel om hom te gebruik. Letterlik, wag ek tientalle sekonde of langer totdat ek amper enigiets daarop kan maak, en ek is nie die tipe outjie wat baie daarop wil maak nie.

Die ander ding is, weet ek amper niks oor rekenaars of teknologie nie en terselfdertyd stel ek baie min belang daarin. Okei, ek lees oor teknologie maar ek verstaan dit nie en dan moet vir al my vriende vra om alles te verduidelik. Ek het nie die beste selfone of rekenaars nodig nie dus wil ek nie te veel betaal nie aangesien dat al wat ek doen is om webblaaie te lees en om ‘n bietjie te skryf. Vra vriende vir raad en hulle sê jy moet seker maak om hieride of daardie vermöe te kry en dus hoe meer jy nodig het hoe meer jy gaan betaal. Ek bedoel, hulle is nie fout nie, maar is dit redelik noodsaaklik?

‘n Paar maande gelede het ek ‘n Nokia Android selfoon gekoop want ek is oud en ek was lief vir Nokia fone in die verlede. Hy was nie duur nie en vir my vereiste – ‘n uitbreidbare geheue en ‘n groot skerm – doen hy alles wat ek wil hê. Ek voel soos die cool outjie met die old skool foon.

Toe ek verlede jaar deur die vormalige Joego-Slawïe gery het, het my vriend ‘n Chromebook saamgebring sodat hy tog kon werk. Ek was baie afwysend daaroor want ek het amper niks oor Chromebook geken nie en ja ek verkies Windows rekenaars. Onlangs het ek vir hom só erken en hy sê dat hy ook afwysend was totdat net een week voordat hy dit gekoop het. Hoe ouer jy raak, hoe onkundig jy bly.

So ja ek het ‘n Chromebook gekoop wat middelvlak is en nie duur is nie. Dit lyk mooi en dis snel en dis ligte en is perfek vir my. As ek in ‘n koffiehuis is, sien ek baie mense wat op ‘n tafel sit (dikwels met al hul goede oor die tafel versprei sodat niemand anders by die tafel met ‘n koffie kan sit nie) met ‘n skootrekenaar wat wil hê dat hulle besig verskyn – en gewoonlik skryf hulle net op sosiale media en skryf nie die nuwe Great America Novel nie. Moenie soos hy of sy wees nie; respekteer die barista wat van veel kliënte afhang en koop nog ‘n ander koffie en danish elk uur!

So wat dink ek oor Chromebook? Daar is baie video resensies op YouTube wat deur tegnologie kenners uitgesaai maar vir my – en ek vermoed soos veel mense – dit lyk my dat hulle alles ken oor wat die beste is, maar nie so veel oor die gemiddelde gebruiker se vereistes nie. Ek wou nie meer as £300 wil spandeer nie dus moenie sê vir my dat as ek ‘n ekstra £100 kan bekostig kan ek ‘n rekenaar kry wat selfs beter is nie. Ek weet tans dat as ek ekstra ‘n paar dae langer gewag het, kon ek iets beter en goedkoper in die verkope gekry het maar dit is soos altyd die weg met tegnologie.

Ek is baie gelukkig met my aankoop. Dit fungeer baie goed en doen alles wat ek wil hê. Chrome OS is anders as Microsoft Windows maar die verskille tussen die twee bedryfstelsels (of die ander bedryfstelsels) voel nie so groot soos dié wat ek verwag het nie. Seker sonder ‘n internet verbinding kan ek minder doen, maar deesdae kan ‘n mens aanlyn orals wees. Waarskynlik as ek die gids lees sal ek dan selfs meer kan doen en een dag miskien sal ek só doen.

Vir nou sit ek op my sofa en kyk Netflix en lees die internet soos die meerderheid van mense en ek weet ek het ‘n beslissing gemaak wat feitlik nie ‘n groot saak is nie. En ook, ek het ‘n baie goeie skootrekenaar by die werk wat ek gebruik.