Monthly Archives: November 2023

Buite die hoofstad

Ek het oorspronklik ‘n lang skrifte geskryf oor die onlangse geval tydens die rugby tussen Suid-Afrika en Engeland en hoe, skielik, almal nou trots op Afrikaans is toe net een jaar gelede was veel mense kwaad oor glo ‘n Afrikaans toets vir reisigers met ‘n Ierse lugmaatskappy. Maar ek besef dat die meeste mense nie meer omgee nie en minder mense stel belang in nuanse of konsekwentheid.

Ek het ‘n paar dae se verlof geneem en het uit Londen getrek na Newcastle en Nottingham om by ‘n paar konserte te woon. Ek raak altyd baie senuweeagtig voordat ek weg gaan, veral oorsee, maar ek geniet altyd om andere plekke heen te gaan. Hierdie keer was dit ook goed om as passasier in ‘n motor te sit want ek kan g’n motor ry nie. Dis ‘n lang reis na Newcastle, wat aan die noorde van Engeland geleë is, en wat ek nie vroeër besoek het nie. Ek kyk uit die venster uit na die platteland van Engeland wat ek skaars ken nie, vol heuwels en dorpies en stede met vreemde bsnd en snelweë. My vriend wat die motor bestuur, ken ek nie baie goed nie maar dis snaaks hoe ons die hele weg sit en gesels oor musiek, bands, reis en grappies.

Tynebrug in Newcastle

Tynebrug in Newcastle

Newcastle is soos ‘n anomalie in in Engeland. Die stad en die area is baie trots op hulle eie aparte identiteit, aksent, dialekt of varient van die taal ensovoorts. Nes Liverpool en Londen, staan dit aparte as die res van Engeland. Niemand dra ‘n jas selfs as dit koud is, en dit was. Die Tynerivier loop regdeur die stad, wat veel brûe oorspan en dié staan bekend regoor die hele wêreld as trotse simbole van die stad. Die groot sokkerstadion doem oor alles in die stad en jy sien dit van ‘n groot afstand weg as jy aankom. As ons rond die sentrum dwaal, herinner dit my na stede en dorpies in Skotland of Noord-Ierland, wat vol indrukwekkende sandsteen geboue uit vorige eeue en straatname uit die verlede is. Dis waar wat mense sê; dis ‘n cool stad. En ja, daar staan nog ‘n kasteel soos die naam voorstel.

Die kasteel in Newcastle

Die kasteel in Newcastle

Vergeet ek soms dat daar ‘n lewe buite die hoofstad is? Ek weet nie. Wat ek bedoel is, is dat mense en lewe anders is. Sommige stede floreer, seker in die sentrum, en daar’s mense met goeie werk wat veel geld as ek verdien, en weens die laër koste, bereik hulle ‘n hoë kwaliteit van lewe met vakansies en groter huise en motors. Okei, jy het ‘n motor nodig weens die gebrek aan die openbare vervoer. Daar is ook verskillende mode; die klere lyk anders. Miskien meer deftig of stylvol, wat na my mening lyk hulle asof hul status wil toon, maar dis ook ‘n bietjie meer formeel sonder die veel laatste invloede.

Hierdie laat my dink terug na een keer toe ek met die Eurostar gery het en ek het ‘n paar biers in die restaurantwa gaan koop. Ek wou in óf Nederlands óf Frans bestel maar sodra dis my beurt, praat die vrou in Engels. Ek het gevra hoekom en of sy iets anders oor mense uit hierdie eilande gemerk het. Ja, miskien ons klere en mode toon dat ons Britte is. Ons trek miskien aan net anders, maar in die oë van buitelanders bestaan daar geen verskil tussen ons eilanders nie.