Monthly Archives: October 2023

Waaroor gaan ek skryf

Verlede week het ons uitgevind die twee stukkies nuus, dat almal baie trots op Afrikaans is en dat almal ‘n foendi oor Afrikaans is, weens die rugby. Wie het geweet? Ek het nie daardie wedstryd gekyk – ons het na ‘n konsert gegaan – maar ek sien die hele week die aanlyn bakleiery en ek rol verby.

Zuid-Afrikahuis se tydskrif

Zuid-Afrikahuis se tydskrif

‘n Paar dae gelede het ek in die kroeg met ‘n Afrikaanse vriend gesit en het lekker Afrikaans gepraat. Ek kry min geleenthede om só te doen en moet gewoonlik saam met myself praat om oefening re kry. Maar ek moet sê, ek praat nogal goed. Ja ek is nie vlot nie, my wooredskat is nie groot genoeg nie, my uitspraak is ‘n bietjie swak en my aksent is te uit Europa as uit Afrika, maar ek kan makklik en gemaklik praat sonder ernigste misvertande.

Ek is onseker oor die beskrywings oor taalvaardigheid so wil nie sê hoe goed ek kan praat nie. Op LinkedIn ek kies Limited professional proficiency wat beslis ook nie reg is nie, maar Afrikaans is g’n taal wat by die werk nodig het nie. Eintlik sê my LinkedIn profiel niks oor my loopbaan nie so is Afrikaans die belangrikste stukkie inligting. Elke week kry ek ‘n boodskap wat vir my vertel hoeveel mense die besoek of gesoek het en waar hulle werk. Ek vra myself, hoekom? Ek hoop dat hulle teleurgesteld word deur die totale gebrek aan inligting behalwe die verwysing na die taal. Niemand sal met my profiele en loopbaan beïndruk wees nie en ek probeer nie om lesers te troll nie maar dis moontlik ‘n meer interessante feit dan alles wat ek gedoen het.

—-
Naskrif – ek het geskryf voordat Suid-Afrika die rugby gewen het. Ek het weer die wedstryd nie gekyk nie maar ja, hulle is al lang tyd die beste span ter wêreld.