Monthly Archives: May 2012

Tando, die Tandmuis van Muizenberg

Ek het onlangs ‘n e-pos van my vriend Sybrandus Adema af gekry oor sy kinderboek, Tando, Die Tandmuis van Muizenberg. Op my verlede besoek na Suid-Afrika kuier ek vir ‘n paar dae by Sybrandus in Kaapstad en een dag toe ons op pad Kaapse Skiereiland toe was vertel hy vir my oor sy boek en sy planne. Elke paar maande het ek aan hom geskrf en gevra wat’s nuut met jou boek, so dis goed om te sien dat dit nou beskikbaar is. Ek word hierdie week betaal so dan gaan ek my eie kopie koop.

Vir nou is eksamens klaar

Ek het hierdie week drie eksamens geskryf en ek moet sê is ek baie moeg na al die studie dat ek nou ‘n bietjie vreemd voel. As jy studeer en eksamens skryf, moet jy so hard konsentreer dat jy alles anders begin vergeet. Dan is dit moeilik om alles los te laat en om te ontspan saam met almal anders. Ek kry die uitslae in Junie en dan skryf ek weer in Augustus óf hereksamens óf die eindeksamen.

Donderdag na die eksamen koop ek ‘n Afrikaanse boek, Rugbymal, in Foyles, ‘n wêreldberoemde boekwinkel in Soho. Ek is nie ‘n groot rugby fan nie want ek is van kleins af ‘n groot voetbal fan maar ek hou nog van rugby en geniet om te kyk. Daar’s verskillende skrywers vir elke hoofstuk, insluitend ‘n paar oud-Springbokke wat oor hulle kinderjare as ondersteuners skryf. Suid-Afrika in die sestigjare klink soos ‘n heeltemal verskillende wêreld – en ja, dit was vir veel redes – en natuurlik skryf hulle net oor hulle ervaring en geheues – die onderwerp is rugby, niks anders – so miskien is hulle ‘n bietjie selektief in wat hulle onthou en skryf. Dis dieselfde probleem met alle fan boeke maar dis nog ‘n baie interesante boek.

Dis goed om weer ‘n Afrikaanse boek te lees want op elke blad leer ek iets nuuts, woorde of uitdrukkings wat ek nou wil gebruik om my Afrikaans te verbeter en my woordeskat te laat groei. Nou moet ek meer mense vind om mee te praat.

Een week voor eksamens

Dis nou net een week voor ek skryf my eerste eksamen en hierdie keer moet ek drie skryf. Dit voel asof al wat doen, is studeer elke aand en naweek. Ek gaan mos baie bly wees wanneer alles verby is. Ek vat hierdie week as verlof sodat ek die hele tyd kan leer. Die skool is vol ander leerlinge wat in dieselfde situasie is. Ons almal wonder hoe ons die sillabus kan leer en die ding is, is ek baie gemotiveerd so het ek veel studie gedoen maar ek voel dis nie genoeg nie.

In nuus wat ‘n bietjie verwant aan Afrikaans is, weet ek waaroor ek gaan skryf in my Afrikaanse kortverhaal. Ek het nou die idee en die titel so al wat ek moet doen, is skryf. Jy gaan dalk vir ‘n lang tyd daarvoor moet wag!