Monthly Archives: January 2015

Die Antwoord

Gisteraand het Die Antwoord by Brixton Academy gespeel so natuurlik het ek ‘n kaartjie gekoop. Ek kan nie sê dat hulle my gunstelinge Suid-Afrikaanse band is nie – Fokofpolisiekar is – maar ek luister ‘n bietjie na hul liedjies en hulle is mos baie pret as hulle speel live, heeltemal gek, belaglike okes.

Die gig was uitverkoop en die menigte was ‘n mengsel van Suid-Afrikaners, jong mense (hulle lyk vir my jonger as dié by rock en metal gigs, of word ek nou veel ouder), en ‘n paar ravers en cyberkids (onthou hulle?).

‘n Klompie Suid-Afrikaners het langsaan my gestaan gedurende die gig en een van hulle draai tot my en vra in Engels of ek weet wat hulle sing. Ek kyk na hom en sê ‘n paar woorde in Afrikaans en hy is toe baie verras; ja wel, ek het sy reaksie bae geniet. Hy sê hy het vooraf gedink dat ek Engels is – wel ja, ek is. Ons gesels toe in Afrikaans ‘n bietjie oor musiek en hy sê hy is Engelstalig maar was op ‘n Afrikaanse hoërskool dus praat hy baie goeie Afrikaans. Die meisies met hom vra of hy my pla miskien want hulle suip en ek drink nie maar nee, ek waardeer altyd elke geleentheid om die taal te praat.

Miskien was my fout om nie ‘n bietjie meer spraaksaam te wees nie. Ek moes subtiel op ‘n konversasie aandring en uitvind of daar enige ander Afrikaanssprekers is. Ek is te matig, te Engels, wanneer ek sou net mense oor hulself vra. Ek vind geen sprekers deur só te gedra en ek weet hoe moeilik dit is nou sonder om elke keer te gryp.

Hier is ‘n paar foto’s wat ‘n vriend afgeneem het. Ja ek steel hulle, ek eis hulle nie as myne nie. Ek was te besig aan die Afrikaans te praat as om kiekies af te neem. Baie dankie Eve.

Ninja van Die Antwoord

Ninja van Die Antwoord

Yolandi Visser van Die Antwoord

Yolandi Visser van Die Antwoord