Monthly Archives: March 2009

Metallica!

Gisteraand het ons Metallica by O2 Arena gaan sien. Dit was eintlik die derde keer dat ons hulle by O2 gesien het sedert September en ons het weer staankaartjies gehad. Hulle is nie my gunestelige band nie maar ek het hulle nou nege keer gesien en ek sien hulle ook in Augustus.

Ek het ‘n klompie foto’s afgeneem maar ek weet nie goed hoe om kamera te werk nie. Ek het my Flickr by my blog bygevoeg maar wil hê dit hou regs. Weet iemand hoe om die code te verander?

Swarter as metaal.

Guy in music store: Wow. You’re… amazing, dude.
Garth: Thanks. I like to play. *ting!*
(Wayne’s World, 1992)

James speel Metallica Guitar Hero.

Vuur!

Die hele bende.

Die Klaas Vakie liedjie miskien.

Strandballe val.

Ek rock \m/

Vandag kla ek minder

Daar’s nou ‘n Afrikaanse ou op my verdieping met wie ek soms moet werk. Ons het gister ‘n bietjie Afrikaans gepraat maar hy’s te bly om Engels te spreek. Hopelik sal hy sy fout besef.

Ander nuus? Môre werk ek nie en my vrou en ek moet besluit wat ons wil doen. Miskien gaan ons weer na Kales toe of net in Londen bly en maak niks.

Huidige klag

Ek weet nie of dit meen dat ek nou oud is nie, maar elke dag peins ek of die internet almal baie lui gemaak het sodat almal alles gratis wil kry. Ek lees geselshoekies en dit verbaas my net hoeveel mense skree en eis. Ek meen nie dat ek dink dat hulle onbeskaaf of dom is nie en ek twyfel hulle probeer.

Nee, wat ek bedoel is dat niemand, of baie min mense, bereid is om iets te gaan uitvind nie. Almal vra en eis antwoorde dadelik. Ja, soms moet jy vra. Die doel van geselshoekies en poslyste (ek hoop ek is nie die enigste ou wat nog poslyste lees nie!) is om kennis te versprei en aanleer. Daar’s mense wat ‘n beter kennis het, wat bly is om julle te help.

Die probleem is dat daar’s altyd ‘n paar mense wat alles moet vra. Dis asof hulle dink dat sonder om aantal boodskappe elke dag te los, sal niemand hulle hoor nie, sal niemand hulle gedagtes waardeer nie – en ja, ek waardeer nie – sal niemand die wonderwerk van hulle bewusstyn leer ken nie, dié wat ons van diere skei.

Ek lees elke dag soveel boodskappe op soveel forums oor aantal onderwerpe (tale, musiek/bands, voetbal ens) waarin dit blyk dat die versoeker geen navorsing gedoen het nie. Altyd dieselfde paar mense, altyd dieselfde tipe versoek, altyd dieselfde boodskappe (“… ek ook!”), lys vrae. Gaan ‘n boek lees. Daar bestaan kennis in ander plekke as die internet. Die antwoord kan dikwels baie maklik gevind word.

In my ervaring is die aanleer van kennis ‘n reis. Ek soek, ek lees, ek jaag dit. Ek dink en werk uit waar ek dit kan kry, van wie ek kan leer. Dan verstaan ek dit, ek ontleed, ek wend dit aan nuwe situasies. Dis my kennis want ek het die werk gedoen om dit te vind en te verstaan sodat ek ‘n beter kennis nou besit want ek wou dit leer ken. Ons wil die kennis deel, maar wys eers dat jy ‘n poging gemaak het om uit te vind.

Miskien ‘n vreemde klag so miskien is ek die onbeskafde kêrel. Ek weet dis ‘n bietjie onvriendelik, maar asseblief leer om te probeer, om foute te maak – of om te druip – en besluit watter inligting jy moet vra en watter inlgiting jy kan jouself kry. Ek klink soos ‘n oud majoor wat die Daily Mail lees, soos “Disgruntled of Tonbridge Wells”. Dis blykbaar dat ek nie lid van die moderne aanlyn gemeenskap is nie.

Battlestar Galactica en TV

Ek weet nie wat jy op die TV kyk nie, maar na my mening is (die nuwe) Battlestar Galactica een van die beste programme ooit. Ons het net in Oktober BSG begin kyk en het al die vier en helfe seisoens nou gesien. Dis nie net sci-fi nie, dis soveel beter. Dit het alles – politiek, teologie, drama, oorlog, terrorisme, menseregte ens en dit lyk fantasties. Elke episode bring iets nuuts, iets vreemd. Daar’s ‘n baie goeie artikel in vandag se The Guardian. As jy nog verskil, dan jy’s verkeerd!

Soos veel mense kyk ek nou DVD boxsets en selde die programme wanneer dit op TV uitgesaai. Nou laai ek episodes af om op op my iPod op te laai sodat ek op die moltrein kan kyk. Natuurlik is dit ‘n probleem as ek hard glimlag as ek na ‘n komdie kyk en niemand weet hoekom nie.

Nou word die laaste episode Dinsdag uitgesaai word. Ons sal die waarheid uitvind wat hopelik alles sin sal laat maak. Soveel vrae, soveel moontlikhede en soveel wat nie meer sal wees nie. Sal dit so goed wees soos ons verwag? Ja, beslis. En as nie, wel sal ek bet die DVD weer kyk. Daar’s nog The Wire om te kyk.

En as iemand weet of daar (goeie) Afrikaanse sci-fi bestaan, laat my weet. Eben het vir my oor Interster gesê maar ek het dit nooit gesien nie. Miskien sal ek moet begin skryf.

Vandag skyn die son

Vandag vier ek elf jare in die Engelse Gesondheid Department. Hoe lekker dit is om te droom…

Vrydagaand het ek Christine van SisTV in die kroeg ontmoet. Sy’t vir my ‘n paar Afrikaanse koerante gegee, al plaaslike nuus in Noord-Kaap. Dis interessant om hierdie klein koerante te lees want gewoonlik lees ek nooit die plaaslike koerante wat ek ontvang nie. Dit was baie goed weer om die taal te praat want ek praat dit tans baie selde en so ek moet nou meer Afrikaners in Londen vind.

En ja, vandag skyn die son en dis baie mooi.

Maart is slegter as Januarie

Soos ek vroeër voorsien het, kom nou al die werk – wat ek nie gedoen het nie – my oorweldig! Ek leer niks en nooit en moet net myself blameer. Miskien is ek het ‘n geheime risiko-nemer (ek weet nie die regte woord in Afrikaans nie).

Op die ander kant, gaan ek hierdie naweek na Parys toe om ‘n gig by te woon. Ek rock \m/