‘n Nuwe tentoonstelling

Ek lees ‘n paar artikels oor ‘n nuwe tentoonstelling in Amsterdam oor ‘n aspek van Nederlandse geskiedenis waaroor min mense praat, Slavernij/Slavery, in besonders A new exhibition illuminates the history of Dutch slavery in The Economist.

Hierdie tentoonstelling betref aan Suid-Afrika, Afrikaans en ook Brittanje, en hierdie tydperk van die geskiedenis van Nederland interesseer my baie. Hoe ouder ek raak, hoe meer ek erken dat dié wat my interesseer, was nie so goed vir baie mense wat dit ervaar het nie. Hierdie debat is voel baie eietyds.

Toe ek Nederland en slawe: die ménse-stories, van Asië tot Suid-Afrika (en Brasilië) in Vrye Weekblad lees, sien ek hierdie foto van ‘n beeld wat interesseer my.

Augustus van Bengale hou Hendrik Cloete se pyp vir hom, c. 1788.

Augustus van Bengale hou Hendrik Cloete se pyp vir hom, c. 1788.

Die man aan die regs is Hendrik Cloete, wat ‘n voorvader van my familie is – ek reken dat hy my groot-groot-groot-groot-groot-groot-oupa is (dis nie my familie naam nie). Hy is te ver terug in die geskiedenis om iets op my lewe te bedoel en ons wat nou in die huidige staan, het geen rol in die voorouers se lewes gespeel nie. Terselfdertyd verbind dit my ‘n bietjie aan die verlede. Ek weet al baie lang tyd dat my Nederlandse/vroeër Suid-Afrikaanse voorouers slawe besit en behandel het.

Die verandering in my persepsie is dat ek nou vorentoe gaan van ‘n kennis van die verlede na ‘n bietjie meer verstanding van die verlede. Ons kan nie heeltemal die lewes of ander mense verstaan nie, maar ek dink ons moet die impak van hul aksies erken. Ons is onsself nie skuldig nie maar ons moet ook die lewes leer ken van dié – slawe en slagoffers – wat deur ons voorouers gely het, mense wat ons vroeër nie geweet het nie. Ons het nie geprobeer om oor hulle te leer nie want ons het vroeër hulle nie as belangrik beskou nie.

My ouma en ek het ons eie navorsing oor die Suid-Afrikaner families gedoen en ek vind stambome uit die Lae Lande, die Duitse lande, Frankryk, Brittanje onder andere. Ek vind nog nie voorouers uit die lande waaruit die VOC slawe behandel het nie; ek twyfel nie dat hulle bestaan nie want my navorsing is nie heeltemal klaar nie. Ek stel geen belang in om ‘n DNS-toets te doen om die besonderhede te vind nie. Een klein gedeelte van DNS is nie beter as ‘n ander klein gedeelte nie. ‘n Mens het geen nodig om hul DNS te weet sodat hy of sy ‘n belang het of is bewus nie.

Ongelukkig weens die pandemie kan ons nie maklik oorsee reis nie en ek is bekommerd dat ek nie die tentoonstelling sal kan bekyk nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Protected by WP Anti Spam