Monthly Archives: January 2011

Artikel oor tale in Suid-Afrika

Daar’s ‘n klein artikel hierdie week in The Economist oor die taal situasie in Suid-Afrika, Tongues under threat. Jy kan dit aanlyn lees want jy hoef nie inteken nie.

Daar’s niks nuut in die artikel nie wat ek nie voorheen gelees het nie maar dis tog interessant om te lees dat hierdie onderwerp in ‘n internasionale koerant – en The Economist beskryf homself as ‘n koerant – berig word. Die skrywer se laaste punt is baie interessant:

“Will South Africa’s black languages suffer the fate of the six languages brought by the country’s first Indian settlers 150 years ago? Maybe so, thinks Rajend Mesthrie at the University of Cape Town. For the first 100-odd years, he says, South Africa’s Indians taught and spoke to their children in their native tongues. But English is now increasingly seen as “the best way forward”. Today most young Indians speak only English or are bilingual in English and Afrikaans, though they may continue to chat at home in a kind of pidgin English larded with Indian and Zulu.”

Afrikaans het beslis ‘n rol om te speel om ‘n veeltalige land te bevorder en te maak. Sonder Afrikaans is Engels ‘n groot dreigement bedreiging (dankie, @boerinballingskap vir die verbetering) teen die ander kleiner en inheemse tale. Maar ons moet ook vra, vir hoeveel langer sal mense Afrikaans aan hulle kinders leer?

Sukses!

Ek het vanoggend die uitslae van my CIMA eksamens gekry en het altwee geslaag!

Ek het 74% in Enterprise Operations gekry – ek het verwag om te slaag maar is nog baie bly – en 57% in Financial Operations gekry – ek was baie onseker en dis veel beter as ek kon hoop!

Dit bedoel twee dinge nou; een, begin ek nuwe onderwerpe in Maart studeer en ek sal hierdie keer veel meer werk doen sodat ek nie weer hierdie gevoel van onsekeheid ervaar nie; en twee, kan ek nou in Maart na gigs in Luxembourg and Parys toe gaan.

Die droom om as rekenmeester te kwalifiseer, bly en een dag sal ek dalk goed genoeg wees om vir Arthur Andersen te werk!

2011 voel reeds net soos elke ander jaar

Wel dis geen verrassing nie. Die enigste ding dat verander het, is dat ons nou ‘n ekstra “1” in plek van “0” skryf maar alles anders is dieselfde.

Ek het ‘n paar jare gelede my gedagtes oor die nuwe jaar geskryf en my opinie het nie verander nie. Dinsdag was ek terug in die kantoor en soos almal anders het ek net om gedwaal en gehoop dat niemand merk dat ek werk nie. Niemand het gemerk nie want niemand anders het gewerk nie. Dit herinner my aan hierdie berig in The Daily Mash, No Work Done Since Last Tuesday. Dit was afskuwelik.

Gister was nie beter nie en eintlik was dit slegter want mense weet dat hulle nou moet begin werk en toe vandag het ek besef dat ek reeds veel werk het wat ek môre aan my baas moet stuur so nou moet ek vinnig begin uitwerk hoe om weer te dink en dan kan ek my werk doen. Ek is reeds baie moeg maar is bewus dat ek veel werk gaan kry so sal veel minder op my iPhone moet speel en doen altyd vandag wat ek vandag kan doen. Die nuwe jaar lyk so aanloklik.

Op die ander kant het ek geen geld op Starbucks of ander onnodige goede gespandeer nie so miskien sal ek leer hoe om minder geld as gewoonlik te spandeer en noudat die BTW verhoog is, sal ek dalk ‘n bietjie geld spaar. Hoe ‘n mooi vooruitsig.

En nou here en dames, dis 2011!

Môre gaan ons terug na werk toe na die vakansie en ons almal weet hoe min ons wil gaan. Soos elke jaar, gaan ek geen groot voornemens maak nie want ek weet ek is te lui om hulle te voltooi, maar ek hoop ek wil ‘n paar dinge in verskillende manier doen. Ek wil realisties wees. Ek dink dat as ek uitwerk wat ek kan bereik, sal ek dan meer suskesvol wees. ‘n Paar gedagtes is:

  • Ek sal my ouers en broers en hulle kinders meer besoek of skakel
  • Ek sal my vriende meer sien
  • Ek sal meer hard werk in die kantoor doen en nie speel altyd op my iPhone nie
  • Ek sal op ‘n gereëlde basis my rekenkunde studies doen en nie vermy om dit te doen nie; ek wil weet dat ek in my eksamens gaan slaag
  • Ek sal nie so veel goede koop nie wat ek nie nodig het nie.
  • Ek sal meer Afrikaans praat en skryf ne so moet meer Afrikaanse tjommies vind
  • Ek sal ‘n bietjie Spaans leer. Ek dink die regte weg is om ‘n bietjie elke dag of elke ander dag te leer, miskien net 10-15 minute elke keer. Hierdie weg is beter as om net ‘n paar ure elke paar weke te doen
  • Ek sal nie ‘n sinikus word nie. Hulle verveel my en hulle gedagtes en klagtes interesseer niemand

Soos jy sien, lyk my mikpunte bereikbaar of seker nie so onrealisties soos die tipiese beslissigs wat mense gewoonlik in elke nuwe jaar maak nie. Maar as jy wil slaag, moet jy ‘n plan maak en volg dit.