Monthly Archives: February 2010

‘n Nuwe jaar miskien ook ‘n nuwe taal

Ek het hierdie naweek besluit om ‘n bietjie Spaans te begin leer want ek dink dis ‘n nuttige taal om te ken as jy op vakansie wil gaan. Soos ek vroeër geskryf het wil ek hiedie jaar na Gibraltar en Spanje toe gaan so dit sal help – maar nie so veel soos om eintlik die kaartjies te koop nie – en ook dis ‘n groeiende taal in VSA. Volgende maand gaan ons terug na Las Vegas toe vir ‘n vriend se trou en jy hoor net hoeveel mense daar Spaans praat. Natuurlik sal ek nie vlot binne drie weke word nie, maar ek wil net ‘n goeie kennis kry, genoeg om te gebruik as ek oorsee is. Toe ek op skool was, moes ek Spaans vir drie jare leer en ek het ‘n A in die GCSE eskamen gekry toe ek 16 was, so het ek reeds ‘n klein kennis. Gisteraand het ek begin en onthou genoeg, so sal ek ‘n beitjie elke paar dae leer. Dis nie ‘n moeilike taal om te leer nie en daar’s genoeg geleenthede om dit in Londen te praat.

Ek het gedink oor watter taal om te probeer leer. Ek wil nie Duits heeltemal vergeet nie so moet ook elke af en toe ‘n bietjie leer en oefen. My probleem is – okei een van my veel probleme – is dat ek nooit ‘n beslissing kan maak nie. Ek is vol idees maar selde doen ek hulle. Ek wil ook ‘n bietjie Serwo-Kroaties leer maar die grammatika lyk moeiliker as dié waaraan ek gewoond is en moeiliker as dié wat ek wil sukkel leer!

Ek het ook ‘n bietjie oor Esperanto gelees. Ek hou baie van die idee van Esperanto en kunsmatige tale; dit lyk maklik, logies en ek lees dat ‘n kennis daarvan met die aanleer van ander tale sal help; dit is dalk slegs Esperantists wat só sê. Ek het eintlik ‘n klein boek oor die aanleer van Esperanto in Afrikaans, wat baie goedkoop op Ebay was maar ek kan nie sê ek sal leer nie. Maar ek moet sê ek hou ook van die feit dat daar ‘n paar ander nuwe tale soos Ido, Novial en Interlingue wat verwant aan Esperanto is en die proses oor hoe om ‘n taal te skep, fasineer my. Ek sien ook daar’s ‘n Suid-Afrikaanse Esperanto vereniging, so sterkte aan hulle.

Nee, dis makliker om tale te leer wat miljoene ander mense praat. Ek voel hierdie keer ek moet ‘n taal leer wat baie nuttig is, wat mense ken sodat ek moet nie verduidelik hoekom nie!

En ja, ek moet ook rekeningkunde leer.

Anonyma: Eine Frau in Berlin

Gisteraand het ek na die bioscoop toe gegaan (twee kere in twee dae!) om Anonyma: Eine Frau in Berlin te sien, ‘n Duitse rolprent oor die oorlog en die Sowjete beheer van Berlin in 1945. Dis nie ‘n gelukkige, mooi verhaal nie en dit blyk brutaal te gewees het maar dis goed en ek is bly dat ek gaan kyk het.

Anonyma: Eine Frau in Berlin

Anonyma: Eine Frau in Berlin

Soos Oorlogswinter, kon ek die sin ‘n bietjie volg maar het meestal die onderskrifte gelees. Toe ek hulle lees, herken ek dan die woorde en kon ‘n bietjie uitmaak en onthou ek woorde en uitdrukkinge wat ek vergeet het. Eintlik op ‘n paar kere toe ek die Engelse onderskritfe lees, probeer ek om na Duits te vertaal. Soms regs, soms verkeerd maar ek onthou hoeveel ek van Duits en vreemde tale hou. Soms ook lees ek die onderslfite en probeer om na Afrikaans te vertaal, maar natuurlik was dit makliker toe ek Oorlogswinter kyk.

Ongelukkig vanjaar het ek besluit om nie Duits te aanhou leer nie want ek het gedink ek sou baie besig met CIMA gewees het. Nou blyk ek vryer te wees as ek verwag het en kon ook die Duitse klasse gedoen het. My fout. Miskien moet ek probeer in my eie tyd om te leer maar daar’s altyd ander tale wat ek wil leer en ek kan nooit besluit en fokus nie.

Toe het ek ‘n vriend uit Vlaandere en haar twee kinders gaan ontmoet. Die oudste kind het vergeet dat ek ‘n bietjie Nederlands ken so het ek haar verbaas toe ek Afrikaans begin praat het. Dis snaaks om gesproke Nederlands/Vlaams te hoor, die aksent en uitspraak is mos baie anders.

Rugby en musiek

Saterdag het ek en vriend na Wembley toe gegaan om Saracens te kyk speel. Die kaartjies was slegs £10 en omtrent 40,000 ander mense het ook gegaan. Ek is nie ‘n groot rugby fan nie, maar dis die derde keer dat ek hierdie seisoen gaan kyk het. Dit was baie snaaks want ons is Arsenal fans en ken baie min oor rugby en die wette en het net die hele tyd onder mekaar oor voetbal gesels. Dit was cool maar baie koud.

Toe het ek na Brixton Academy toe gegaan om Lamb Of God te sien speel, suiwer Amerikaanse metaal soos hulle sê \m/

Saraens speel in Wembley

Saracens speel in Wembley

Men van metaal

Lamb Of God: Men van metaal

Oorlogswinter

Vandag het ek Oorlogswinter/Winter in Wartime in die bioscoop gaan sien, ‘n nuwe Nederlandse rolprent oor die oorlog in Nedederland. Dis op ‘n beroemde Nederlandse roman gebaseer en is die verhaal van ‘n jong wat ‘n Britse vlieënier probeer help het gedurende die Duitse beroep van Nederland.

Ek kan nie sê dat ek alles verstaan het nie, natuurlik is dit nie waar nie. Daar’s verskille tussen Afrikaanse en Nederlandse uitspraak en woordeskat maar ek kon genoeg volg en ook was die onderskrifte baie nuttig. Die hoofde ondwerpe en tema’s is oor Nederland en Nederlanders se rol in die oorlog, verraad en oorlewing, plig en lojaliteit. As jy van Zwartboek en Soldaat van Oranje hou, sal jy daarvan hou. Ek het dit baie geniet.

Oorlogswinter

Oorlogswinter

Dis 2010 en ek wil op vakansie gaan

Dis nou Februarie en ek dink en moet op ‘n meer gereelde basis skryf. Januarie is altyd ‘n moeilike maand. Gewoonlik het niemand geld nie want hulle word voor Kersfeers betaal, behalwe ons in die staatsdiens wat op die einde van elke maand betaal word. Ook soos ons almal ervaar het, was die weer soms verskriklik – net koud, sneeu, reën. Nie die beste tyd om uit te gaan paartie nie.

Maar nou, nou is dit Februarie en nou begin die nuwe jaar. Dit raak nou warmer en ons begin nou planne vir die jaar maak. Vanjaar wil ek na ‘nuwe land toe gaan, een wat ek nooit vroeër besoek het nie. Een plan is om Gibraltar, Spanje en Marokko te besoek, net vir ‘n pae daar maar genoeg om die lande ‘n bietjie te sien en om weg te geniet wees. Een ander plan is om die ou Joego-Slawië te besoek, veral Bosnië-Herzegowina, Kroasië en Montenegro. Ek het onlangs ‘n paar boeke oor die geskeidenis van die lande en die burgeroorlog, veral Joe Sacco se uitstekende Safe Area Goražde, en wou graag per trein deur die lande ry; ek het na universiteit ‘n bietjie interrail gedoen maar ons was arm, dom en goths so het ons net die son vermy! Ek is nou ouer en het meer geld so hopelik sal ek nou weet hoe om dit beter te doen. Ek het nog nie ‘n rybewys nie so kan nie ‘n motor huur nie tensy ek ‘n reis tjommie kry. Volgende maand gaan ek ook na Las Vegas toe want my vriend word getrou. Dis net vir vier dae en dis ‘n bietjie duur maar dit sal baie cool wees om haar weer te sien en om met haar bende uit te hang.

Toe ek kind was, het ons veel oorsee gebly en het ook dikwels verhuis weens my pa se werk. Dus toe my vriende het net in Guildford of Londen gebly het ek in die vakansie na VSA of Duitsland of Hong Kong of Saoedi-Arabië toe gegaan, ‘n nuwe huis in ‘n nuwe land. As ons in VK was, was dit of suid Engeland of noord Skotland. Dit was altyd baie opwindend en ek is dankbaar dat ek soveel kon ry maar nou is om weg te gaan nie belangrik vir my nie en seker nie so belangrik soos vir vriende nie. Vriende gaan reis (maar my vrou sê “travel” beteken net “long holiday”) en dis baie interessant om te hoor wat hulle gedoen het, waarheen hulle gegaan het en wat hulle ervaar het. Een vriend het alleen vir vier maande in Sjina gereis en het reusagtige stede besoek wat one nooit gehoor het nie en het met arme Sjinese families gebly, wat hom wou ontmoet en wou hê dat hy by hulle kuier. Dit was nie die tipiese western se vakansie nie en ek was baie beïndruk en ook ‘n bietjie jaloers dat hy dit gaan doen het. Dit klink ‘n interessante weg om ‘n vreemde land en kultuur te ervaar en leer ken. Dis die tipe vakansie ons almal droom om te doen, maar te selde doen ons dit.

Ek het nou 15 vakansie dae wat ek voor Mei moet neem so sal April die maand wees om weg te gaan so nou moet ek ware planne begin maak en moet uitvind of my vrou saam wil kom. Ek twyfel dit, sy hou nooit van my vakansie idees nie so ek kan nie sien dat ons binnekort na Suid-Afrika toe sal gaan nie. Ek vermoed ons sal net na Calais toe vir die dag gaan.

Spam spam spam

Kry almal anders ‘n probleem met spam? Elke dag kry ek tussen vyf en tien spam kommentaars in Russies. Wel is alles in die Cyrilliese alfabet geskryf so miskien is dit eintlik Oekraïns of Serwies. Weet iemand wat ek kan doen om spam te versper? Dis miskien ‘n jammerte dat ek nie daardie tale ken nie andersins sou ek ‘n bietjie kon verstaan.