Monthly Archives: August 2016

Toe besluit ek om ‘n ander taal te probeer leer

Wat’s nuut?

Ek skryf onlangs oor NetNuus, wat my huidige gunstelinge App is en wat my Afrikaans elke dag help leer en lees. Miskien is hy ‘n bietjie soos Instagram want ek is bang ek gaan vinnig verveld daarmee. Wie weet?

Ek het onlangs besluit om Duolingo op my foon en tablet te installeer. Ek onthou nie hoekom ek so besluit het nie, miskien het ek iets gelees of was ek verveld en wou net ‘n nuwe app installeer. Ek lees die polyglots, of veeltalige mense, se blogs en lees hulle ervarings en luister na hul podoogie. Hoekom wil ek nie ‘n bietjie soos hulle word nie?

Mense praat in baie positiewe woorde oor Duolingo en ja, ek stem saam. Ek weet jy moet van Dag Een af praat, skryf, lees en oefen sodat jy vinnig verbeter. Gewoonlik is ek ‘n bietjie suspiseus oor hierdie tipe nuwe teknologie. Toe ek Afrikaans begin leer het was daar amper niks en ek het net gemaak alles wat ek kon maak. Ek het Wikipedia en ensiklopidies gelees en na Nederland verwys as ek onseker was. Destyds was die internet nie jong nie maar min mense kon dit by die huis gebruik. Mense was nog suspiseus oor om goede aanlyn te koop. Ek speel nie rekenaar speletjies nie en is baie Web 1.0 ek glo. Miskien glo ek jy moet ‘n bietjie ly sodat jy wys net hoe baie ernstig jy is.

Ek leer weer ‘n bietjie Sweeds leer sodat ek saam met my Sweedse bende kan gesels maar tans is my fokus op Esperanto. Ja dieselfde kunsmatige taal wat mense se opinies skei. Ek lees hy is maklik om te leer – veral in die opinie van die legendariese Benny Lewis. Een dag wanneer ek my Afrikaanse wetenskapfiksie roman skryf gaan ek ‘n bietjie Esperanto daarin gebruik. Ek het reeds ‘n plan sonder idees daarvoor.

Seker is die uitslae alreeds indrukwekkend maar ek weet daar bestaan ‘n verskil tussen om die oefeninge te voltooi en om te kan praat. Hoe meer ek studeer hoe meer ek leer en hoe meer ek wil leer. Ek begin in die taal dink en om maklike sinne te maak. Ek hou gespreke met myself, altyd ‘n goeie tekniek want jy begin dink oor hoe jy sekere idees mag sê. Op die moltrien as ek die koerant lees, begin my brein oor ander onderwerpe dink – hoe kan ek hierdie sin in ander tale sê?

So wat wil ek bereik en hoe sal ek sukses beskryf? As ek begin praat so goed soos ek nou Afrikaans praat, sal ek dan gelukkig wees. Okei ek vermoed ek gaan beter kan praat want die taal is makliker en die uitspraak nie so anders nie, dus leer ek vinniger. As ek mense vind wat ook praat, sal dit een aanduidiging van sukses wees. As ek mag sê ek praat nou twee ander tale tot ‘n goeie vlak praat sal ek suksesvol voel. Dan sal ek weer na Sweeds draai en ek het reeds veel Sweedse maatjies.

Ek lees aanlyn dat veel verskillende mense ‘n Afrikaans Duolingo wil hê en ek dink dit word ontwikkel maar soos altyd met hierdie taal is daar probleme. Dis ‘n teleurstelling maar geen verassing dat sommige mense heeltemal teen die voorstelling staan nie.

Op daardie punt bo, soos ek op so veel kere in die verlede geskryf het, my pogings om na ander Afrikaans sprekers te soek, laat my voel asof ek trek my tande uit. Waar vind jy mense wat belangstel? Die aanlynse koerant is lyfstyl tydskrif vir mense in die buiteland vol gesindikeerde nuus uit die tuisland en kommentare oor resepte. Die Meetup groepe is óf stil óf vol mense wat braaibuddies wil vind. Gumtree is ewe stiller. Groepe vir die aanleer van vreemde tale bevat presies niemand wat belang stel nie. Londen het ‘n groot gebrek aan Afrikaans sprekers. Ek vind hulle nêrens wanneer ek soek nie.

Jammer ook daar’s geen foto’s in hierdie pos nie.