Monthly Archives: January 2024

Treine en vertragings

Op die naweek het ek ‘n besoek na Nederland gemaak, wat die derde keer in minder as een jaar was. Ek het nie vooraf op so ‘n gereelde basis heen gegaan nie maar onlangs was daar veel redes om te gaan, en nou nà ‘n pandemie is ek meer baie gretig om te reis.

'n Trein in Groningen

‘n Trein in Groningen

Ek was laas keer in Groningen in 2011 en hierdie keer het ek met ‘n Vlaamse vriend met die trein heen gery. Dis ‘n mooi reis deur stede soos Amersfoort en Zwolle en leë velde, slote en diere en daar’s ook breë riviers en alles lyk rustig. Ek hou daarvan om met te trein te reis en hierdie naweek het ek meer as een duisend kilometers gery sodat ek by vriende kan kuier. Veel mense moet net met die trein ry en net uit die venster uitkyk en ontspan.

Groningen stasie, wat homself "die pragtigste stasie in Nederland" noem

Groningen stasie, wat homself “die pragtigste stasie in Nederland” noem

Groningen is aan die noorde van Nederland geleë aan die einde van die spoorweglyn. Die stasie is baie mooi, wat gebou in die styl van die laat 1800s gebou is. Daar bestaan ander stasies wat net dieselfde lyk, maar die plafon van die wagsaal is so pragtig. Aanlyn pos veel mense kiekies daarvoor weens sy pragtigheid,

Rotterdam Centraal stasie

Rotterdam Centraal stasie

Rotterdam is seker anders as Amsterdam want ‘n reisiger kan Nederlands praat sonder om ‘n beantwoord in Engels te ontavang. Mense waardeer as jy Nederlands wil praat en ek kon in Nederlands kaartjies koop en in winkels gesels en na mense by die stasie luister. Ek voel nogal gesofistikeer. Ek ken ook die grense van my vermoë maar die gevoel is die moeite waard.

Breyten Breytenbach se woorde in Rotterdam

Breyten Breytenbach se woorde in Rotterdam

Ongelukkig is my trein terug na Londen gekanseller weens probleme op die spoorweg in België. Dis ‘n verrassing en slegte nuus. Honderde resigiers vind hulself in die verkeerde stad sonder ‘n hotel en planne as die son onder gaan. Almal moet besluit wat hulle wil doen. Gelukkig het ek vinnig en maklik ‘n hotel in Rotterdam en het ‘n nuwe trein kaartjie geboek. Toe het ek vrye tyd gehad om uit in die stad te gaan. Eers wil ek die Oficejo de Universala Esperanto-Asocio – die hoofkantoor van die Wêreld Esperanto Vereniging – sien maar ingelukkig is dit gesluit.

Die perron in Rotterdam Centraal stasie

Die perron in Rotterdam Centraal stasie

Alle stede bevat ‘n Ierse kroeg waar ‘n mens kan die sport kyk en sit en praat met ander reisigers. Dis n lewensles dat in hierdie tipe situasies jy maklilk met vreemdelinge kan praat as dit noodsaaklik is. Dis ook goed om met jou meerburgers te praat wat jy nie in die waarheid in jou land sou praat nie. Julle het dieselfde ervarings en het soortgelyke beslissings gemaak om oorsee te gaan en hierdie feite is belangrik te onthou. Julle ontmoet asof buitelanders en vreemdelinge, maar jy vergeet dit is net in die oë van die plaaslike inwoners.