Monthly Archives: January 2023

Januarie lei nou na Februarie

Saterdag het ek en ‘n Suid-Afrikaanse vriend na ‘n paar kroeë aan die Teems gegaan, wat altyd ‘n mooi manier is om die middag deur te bring. In ‘n stad vol geskeidenis en toeriste, is die kroeë een van die mees beroemde aantreklikhede van die stad.

Nou is die weer koud, maar nie so koud nie, maar die groter probleem is die inflasie. Natuurlik kos bier of kos altyd veel geld, maar nou word die prys veel hoër nes alles anders wat jy koop. Maar die kroeë staan nie leeg nie. Mense wil by mekaar kom in klompie vriende en of in pare en wil gesels. Drink ons minder, suip ons meer? Miskien ja, en ons het almal ons eie idees oor hoe ons kan goedkoop drink.

Ek skryf al jare lank ‘n lys van al die kroeë wat ek beoske het, so sluit dit in my gunstelinge kroeë waarheen ek vriende moet saambring. Dit laat my verder oor die hele stad dwaal om by voorstede, dorpies en strate te kuier waarheen ek gewoonlik geen rede het om te gaan nie. Daar’s iets mooi om met die trein of moltrein binne die stad te ry sonder ‘n ware doel behalwe ‘n paar biertjies met vriende te suip en om ‘n nuwe gebied te verken. Ongelukkig vind ek amper geen Suid-Afrikaanse kroeë meer nie, en dié wat bly is miskien Suid-Afrikaans-agtig in plek van iets egts maar dis beter as niks.