Monthly Archives: December 2012

Ek is nou verveld

Ek sukkel nou om iets te vind om te wil doen noudat ek ‘n bietjie verlof neem. Dis ‘n vreemde tyd tussen Kersfees en die nuwe jaar. Ek het beplan om my woonstel skoon te maak, en ek het reeds ‘n bietjie gedoen maar dis nie die beste weg om jou vakansie te spandeer nie.

Vriende maak nou planne vir Oujaarsaand maar hoe ouer ek raak hoe meer ek besef dat dit selde die moeite werd is. Almal beplan om na ‘n sekere kroeg of klub toe te gaan en wil almal versamel om in ‘n groot groep uit te gaan. En elke jaar praat ek met vriende en hulle vertel net hoe hulle het ‘n verskriklike aand deurgebring het, hoe almal baklei het en toe verdywn het, hoeveel geld uitgegee is, hoe iemand se boyfriend of girlfriend het aangedring dat hulle vroeg moet verlaat ensovoorts. Elke jaar sê ek vir hulle wat ek gedoen het en hulle is gewoonlik baie jaloers op my!

My plan is om ‘n na verskeie kroeë toe te gaan om verskillende vriende te sien, op my eie sodat niemand mag vir my sê wat ek moet doen. Die openbare vervoerdiens loop deur die nag so kan ek oor die hele stad dwaal om na die beste party of kroeg soek. En dan kom 2 Januarie en ek gaan terug werk toe en vergeet dat slegs twee weke verlede was ons almal baie opgewonde oor die Kersfees vakansie.