Monthly Archives: August 2009

The Ashes en potgooi

Ongelooflik! Engeland het die Ashes gewen! As Engeland bewonderaar is ek gewoond aan druipeling. Ek is ‘n twyfelaar met hoop maar sonder geloof. Ek voorspel nou dat ons lui en selfvoldaan sal word en wanneer ons Australië toe gaan sal ons heeltemal gedonner word!

Vandag het ek Teddington toe gegaan om Johan, Fran en Willem te sien en om ‘n potgooi met Johan te maak. Dit was baie lekker en ons het goeie tyd gehad. Dis goed om met hulle Afrikaans te praat, dis net ‘n jammerte dat ek ‘n bietjie moeg was. Druk hier om te luister of aflaai. Miskien moet ek een keer my eie potgooi uitsaai.

As jy wil hê dat hulle sal lees, moet jy dan skryf

Dit lyk asof Immergroen een van die beste dinge was wat ooit vir my blog gebeur het; nou het ek soveel meer besoekers so ek moet meer dikwels skryf. Dankie Craig le Roux, ek is baie dankbaar.

So ek reken ek moet ‘n bietjie nuus berig of maak. Laat my dink. Verlede week was my tannie L uit Johannesburg (sy’s getroud met my pa sy broer) en haar sussie J en dogter A in Londen en ons het met een van my broers en sy vrou en my K uitgehang. Eintlik dit was meer as uitgehang maar jy verstaan. Dit was baie lekker om familielede weer te sien en om almal te praat en om hulle nuus te leer. Ongelukkig was ek te bly om net te drink so het baie min Afrikaans gepraat wat ook ‘n jammerte is omdat A op ‘n Afrikaanse universtiteit geswot het. Ek dink ek hou nie van die idee dat ‘n familielede beter Afrikaans as ek kan praat nie. Ja, ek wil en moet die beste wees.

Sondag gaan ek Teddington toe om Johan te sien en ons wil ‘n nuwe potgooi maak. Dit lyk asof ek vrydagaand met die gewone bende Robbie Wessels by Aardvark gaan sien so ek sal terug berig. Ek hoor dat die komminste mense van hom hou so wie weet hoe dit sal gaan maar dit sal beslis ‘n nuwe ervaring wees.

Ek het ‘n verskillende pos begin skryf maar toe het besluit dat ek meer tyg nodig het om die gedagtes uit te werk – beide om te skryf en wat ek bedoel – so ‘n langer en dieper pos in die komende dae sal kom.

Interster – soos gesien op televisie

Interster

Interster

Onthou jy Interster? Natuurlik ken ek dit nie want ek is nie-suid-Afrikaner en het ook oor die wêreld grootgeword dus is my kennis van ou Britse TV ook nie goed nie.

Sondag het ek weer met Eben en Natalie in Vancouver-eiland geskype. Eben hou baie van Interster en Fritz Deelman boeke so ek ken hulle deur Eben. Hy het my aan herdie blog verwys. Dit lyk dat daar klompie nie-Suid-Afrikaners is, wat baie opgewonde daaroor is en wat nie Afrikaans ken nie.

‘n Vriend in Johannesburg het nou die DVDs vir my gekoop en ek het begin kyk. Ek onthou nie as ek ooit Thunderbirds gesien het nie, maar ek seker Interster geniet kyk. Ongelukkig is daar geen onderskrifte nie so dis vir nou ‘n bietjie moeilik om alles te volg en te verstaan maar dis goed om die taal te hoor praat en ook om ‘n bietjie oor 1980s Suid-Afrikaanse televisie en kultuur te leer ken. Die Afrikaanse ou by die werk is te jong om dit goed to onthou maar hy wil kyk so hy kan alles vir my verduidelik.

Sonisphere

Hierdie naweek het ek na Sonisphere toe gegaan, ‘n groot metaal en rock musiekfees in Knebworth House buite Londen. Ek het so ‘n briljante tyd gehad. Musiekfeeste is altyd baie pret. Daar’s dié wat sleg is (soos Immergroen) maar jy geniet jouself nog. Dan is daar dié in Europa waarnatoe ek gewoonlik gaan maar heirdie jaar speel my gunstelige band nie so ek gaan nie oorsee nie. Ek het nie kampeer nie en het elke dag met die trein gery maar dit was baie maklik. Daar was omtrent 40,000 metaalkoppe en tattooeëringe – party uitstekend, party goed en party afskuwelik. Almal was baie vriendelik en wou net ontspan en paartie en ek het ‘n bietjie met mense gesels.

Saterdag het dit baie gereën en die bands was nie so goed nie. Anthrax, van wie ek hou, was baie goed maar die anders het my nie beïndruk nie en ek het nie omgegee nie, so ek en my vriend Jacqui van Johannesburg het net gedop en rondgeloop. Sondag het die son lekker geskyn en ek het lekker met ‘n paar tjommies uitgehang. Sondag was daar ‘n beter line-up en ek het Killing Joke (altyd goed), Lamb Of God (goed), Machine Head (ja, goed ook), Limp Bizkit (eintlik baie goed en beter as ek verwag het) en Metallica (altyd uitstekend) gekyk.

Ongelukkig, na my mening, was daar ‘n bietjie sake oor vlae soos op Immergroen. Ek kon nie glo dat iemand die ou Suid-Afrika vlag saamgebring het nie. Ook, iemand het die groen-wit-groen vlag van Republiek van Rhodesië (wat tussen 1968-79 gedurende die UDI tydperk gebruik was) trots gewapper met die nuwe Suid-Afrikaanse vlag. Dit verbaas my, maar ek wonder, is ek net te PC? Na my mening is dit “verkeerd” om beide so te wys. Ja sê miskien ‘n paar mense, die Britse vlag is ook sleg en ons kan daaroor argumenteer. Persoonlik verstaan ek nie hoekom mense voel dat hulle vlae na ‘n fees toe moet bring. Daar was vlae van VSA, Noorweë, Swede, Skotland, Bangladesj en Ecuador maar hulle is anders – hulle is huidige nasionale vlae sonder dieselfde kontensieuse politieke konnotasies (behalwe miskien die VSA vir party mense). Daai twee vlae verwys na ‘n sekere suider-Afrika tydperk wat verby is, ‘n ou styl regering. Ek sal ‘n Zimbabwiërse vrou by werk vra wat sy dink. Miskien dink mense dat die Rhodesiërse vlag nie offensief is nie en dit bedoel dalk nie dieselfde ding as die ou Suid-Afrikaanse vlag nie.

Ek’s Brit en ek kom uit ‘n verskillende wêreld so glo ek dat dit verkeerd is. Laat my weet wat julle dink, wat uit Afrika kom. Is dit ‘n snaakse grappie of iets waarvan jy nie hou nie? Is die ou Rhodiërse vlag anders as die ou Suid-Afrikaanse vlag?

James Hetfield of Metallica

James Hetfield van Metallica

Wes Borland van Limp Bizkit

Wes Borland van Limp Bizkit lyk deftig.

Kwaad wit mense. Ek is so kwaad ek sal nie my slaapkamers skoonmaak nie!

Hulle is so kwaad hulle sal nie hul slaapkamers skoonmaak nie!

Vlag van Zimbabwië

Trotse Zimbabwiërs

Vlae van die Republiek van Rhodesië en Suid-Afrika

Vlae van Rhodesië en Suid-Afrika. Ek was nie bly met die Rhodesiërse vlag nie.

Die ou Suid-Afrikaanse vlag

Die ou Suid-Afrikaanse vlag. Jy weet wat ek daaroor dink; daar's geen rede om die ou vlag te wapper nie.