Monthly Archives: February 2007

Afrikaanse musiek

Ek het nie in lang tyd geskryf nie en ek voel ek moet, en ja ek wil ook. Ek het nie te veel gedoen nie maar net dieselfde dinge – gaan kroeg toe, gaan voetbal kyk, gee geld uit ens.

Terselfdertyd is besig om Afrikaanse kunstenaars en bands op myspace te soek. Ek het nie vroeër geweet net hoeveel Afrikaans musiek op die internet ‘n mens kan vind nie. Ek het hierdie week boodskappe van ‘n Afrikaans rapper in Mitchell’s Plain en ‘n nuwe (en ‘n bietjie beroemde) sanger ontvang om hulself te bevorder, wat baie goed is. Daar’s beslis ‘n groot verskeidenheid musieke style in nuwe Afrikaanse musiek wat nie al net soos country and western klink nie. Ek sien hierdie jaar speel ouens soos Koos Kombuis, Anton Goosen, Bok van Blerk en Beeskraal by die Aardvark wat ek wil gaan sien. Ja, myspace is nie net jong meisies wat wil ontklee nie – nie dat jy sal miskien besef nie.

Johan het ‘n nuwe webblad vir die Afrikaanse koffiekroeg gemaak nou al wat ek moet doen is uitwerk hoe om dit na my server te vervoer – voorstelle sal baie welkom wees. En daarna, kan ons weer ontmoet.