Monthly Archives: May 2007

‘n Paar gedagtes, ‘n bietjie nuus en ‘n foto

Verlede Saterdag het Johan en ek ‘n Afrikaanse joernalis ontmoet wat oor Afrikaans in die buiteland skryf en wil ‘n bitejie oor die koffiekroeg berig wat goed is. Die artikel sal in die Suid-Afrikanse koerante gepubliseer word. Dit sal goed wees om uit te vind wat almal anders doen om te taal te bevorder.

Vandag het ek ‘n Afrikaanse vrou/meisie (ek weet nie wat die regte woord is om te gebruik) ontmoet wat hopelik my met my aksent en uitspraak kan help verbeter. Dis nie so moeilik om die taal te lees en te skryf nie maar soms is dit iets anders om te praat en te luister. Ek dink ek sê veel klanke in die verkeerde manier dus herken ek nie altyd die woorde en sinnig as mense Afrikaans praat nie. As ek ‘n goeie Suid-Afrikanse aksent kan ontwikkel/aanneem dan sal ek baie bly wees andersins sal ek Afrikaans ‘n bietjie soos Nederlander/Londenaar aanhou praat.

En nou ‘n foto. En hoekom nie. Hier’s ons twee nuwe katte, Dawie (wat sit) en Danie (wat staan). Hoe mooi is dié klein kêrels?

Alles is so stil, wat doen jy swaer?

Jammer dat alles so stil gewees was. Dis meer as een hele maand gelede sedert ek my laaste pos gedoen het en natuurlik wil ek hê dat julle dink ek is so besig maar dis nie eintlik waar nie!

Verlede Saterdag het ek die legendarise Koos Kombuis by Aardvak sien speel. Nou ek weet nie sy liedjies nie maar ek weet genoeg om te weet dat hy een van die beroemdste Suid-Afrikaanse kunstenaars is – ter wêreld! Ek het dit baie geniet maar ek was ‘n bietjie teleurgestel dat ek alleen moes gaan – waar was julle? Daar’s ander kunstenaars wat daarby speel so ek wil terug gaan.

Vrydagaand het Johan, Willem en ek Wimbledon toes gegaan om ‘n paar biers te drink. Ons het lekker gejol en (weer) wêreld oorheersing vir die Afrikaanse Koffikroeg (die AKK) beplan. Miskien kom nou die AKK uit die as op!