Amper vier maande tot die volgende publieke vakansie

Somer en mooi weer is nou verby as ek besef skielik weer dat ons nou vir amper vier hele maande moet werk totdat ons die volgende publieke vakansie dag – Kersfees – sal geniet. Dit voel vreemd dat ons vir so lank tydens die dae en nagte moet wag, wat langer en kouer raak sonder enige vakansie.

Dit lyk jy werklik voel dat somer nou, vir hierdie jaar, verby is. Dit voel so sterk om hierdie feit te besef. Somer is die hoogte punt van die jaar. Die August bank holiday weekend voel iets besonder. Jare gelede het ek elke keer na die Reading Festival (die stad in suidoos Engeland en geen boekfees) gegaan, en toe na die Notting Hill Carnival (padkos en blikkies, musiek en lawaai) op die Maandag. As die weer mooi is, wat gewoonlik die geval is, is al die kroeë vol, loop mense met drankies en gons die parke met groepe vriende.

Terselfdertyd, het ons nou min beperkings wat alles terug weer soos normaal laat voel. Op die een kant dra die meeste mense maskers op die moltrein en trein, op die ander kant gaan ek binnekort weer na concerts met vriende wat hierso uit die buiteland kom. Persoonlik het ek nie verwag dat ons so gou sulke dinge mag doen nie. Egter is ons al bereid om soos die oue dae weer te lewe?

Hier’s ‘n paar kiekies uit my somer.

Die loop na Southend Pier

Die loop – of treinrit – op Southend Pier, twee kilometers ver weg

Suid-Afrikaanse drankies

Suid-Afrikaanse drankies. Ek niet nie al Buffelsfontein brouery nie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam