Oor my | About

Halo, ek is Alexander. Ek bly in Londen en leer myself Afrikaans. 

Ek sit hier en geniet alles

Ek sit hier en probeer om diep en deurdag te kyk

“Hoekom Afrikaans?”, vra mense. ‘n Goeie vraag. Afrikaans is mos ‘n vreemde keuse. Om ‘n ander taal te kan praat is ‘n kundigheid en daar’s ‘n groot aantal van ons ter wêreld.

Ek het jare gelede myself Afrikaans uit boek uit begin leer, nadat ek universiteit verlaat het. ‘n Noord-Ierse kollega het homself ‘n bietjie Afrikaans geleer en het vir my gesê dat dit nie moeilik is om te leer nie. Dit het soos ‘n lekker idee geklink. Ek het nie geglo dat ek jare later Afrikaans sou annhou leer en praat nie. My pa kom uit Suid-Afrika maar ek kan nie sê dat dit die rede was om te leer nie maar my ouma in Suid-Afrika het dikwels aan my boeke, koerante en tydskrifte gestuur.

Johan het my aangemoedig om my blog te begin skryf en ek geniet die geleetheid om te skryf en om in Afrikaans te probeer kommunikeer. Natuurlik is die foute volop maar ek hoop ek verbeter en maak minder en minder foute. Ek kan net aanhou leer. Ek moet sê my belang is in taal en kommunikasie. As iemand vir my ‘n ander taal aanbeveel het sou ek dit in sy plek geleer het. Hoe anders dinge sou gewees het.

As jy ook in Londen is en wil ontmoet en gesels, los dan ‘n kommentaar sodat ons ietsie kan reël anders stuur ‘n e-pos aan afrikaanslondon at outlook dot com.

Dankie dat jy lees.

51 thoughts on “Oor my | About

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam