Monthly Archives: March 2021

Gedagtes oor wat ek met Afrikaans en tale wil doen

Ek is nog steeds besig aan Nederlands te studeer, nou meer as twee maande. Ek weet dat ek Afrikaans bo Nederlands kies want dit was die eerste taal wat ek myself gestudeer het en ook is die grammatika en spelling en alles veel makliker.

Soos almal studeer ek met Duolingo en vir nou is my doel om alle lesse tot vlak 5 te bereik sodat die hele “boom” voltooi is. Maar soos ek dikwels dink, leer mense beter as jy moet met ‘n pen skryf of tik. Dis maklik om die regte opsie te kies, maar moeiliker as jy moet dink wat die regte woord of spelling homself is. Toe ek Afrikaans begin studeer het, het ek al die oefeninge met pen en papier gedoen nes op skool.

Ek vind dat ek Nederlandse tekste vir leerlinge goed kan lees, byna so goed soos met Afrikaans. Dis moeiliker om lange tekste te lees en soms word ek deurmekaar tussen ‘n woord se spelling in die ander taal. Die “ij” en “sch” lyk soms nog steeds ‘n bietjie vreemd. Op die ander kant, ek dink my Afrikaanse uitspraak is nader aan Nederlands so kan ek erg goed na video’s luister.

Ek luister vanweek na ‘n baie goeie podgooi Read, read, read… NOT listen, listen, listen op die uitskende I Will Teach You A Language oor die aanleer van vreemde taal wat praat oor hoe belangrik dit is om te lees. Ja taal betref aan kommunikasie en die maklikste vorm is om met ander mense te praat. Maar vir leerders op alle vlakke is dit ‘n uitdaging om te praat en om te luister. Ek weet hoe ek kan die sin uitwerk as ek lees, ek kan weer lees om seker te maak op my eie spoed. Die enige geheim is dat jy moet, soos die podgooi sê, lees, lees, lees… en lees, lees en lees nog meer.

Ek het nou ‘n subscripsie vir die Vrye Weekblad en gister toe ek op die bus sit en ry het, lees ek die lange artikels sonder om te veel woorde in die woordeboek te moet kyk. Ek moet ‘n mikpunt maak om elke dag minstens een lange artikel te lees sodat ná ‘n klompie weke sal ek ‘n gewoonte gestig het.

Ek het gedink om oor video’s te maak, maar ek voel dis nie vir my nie. Ek kyk graag die video’s van leerders (hoofsaaklik in Esperanto) en vir onderwysers (hoofsaaklik in Nederlands) – so ja almal praat staig and klaar – en ek hou daarvan dat ek kan volg. Maar video’s is iets anders. Jy moet ‘n verpligting maak om nuwe enes op ‘n gereelde basis te maak. Hulle moet professioneel lyk. En dan moet jy jouself of jou aanlynse kanaal bevorder.

Ek is nie so seker dat ek só is nie. Ek is beslis ‘n ekstrovert (almal anders aanlyn is skynbaar ‘n introvert, volgens hul baie video’s, twiets, skrywes, Instragram…), maar ek is nou al meer as sewe-en-twintig jare lank aanlyn en ek hou van ‘n vorm anonimiteit of pseudonimiteit. Wat wil ek bereik of wie wil ek uitstrek? Afrikaans as ‘n taal het sy eie probleme en ek veg soms om klaar te maark dat ek van die taal – en ander tale – as medium van kommunikasie hou, hoekom wil ek meer stryde veg? Hoeveel mense wil leer? ‘n Paar mense saai video’s uit, so hoe kan ek myne anders (en mos beter) lyk?

Die ander probleem is dat ek nie genoeg fokus het nie. Miskien is die waarheid dat ek nie die werk wil doen nie om meer “suksesvol” te word of om meer te bereik. Ek kan doen alles wat ek wil as ek die poging maak so miskien is dit beter om iets nuuts te probeer en dan die pad loop wat voor jy lê.