Monthly Archives: March 2023

Ek maak ‘n plan maar ek weet hoekom ek hou nie daarvan nie

Ek het vroeër geskryf oor ‘n plan om na Amsterdam te gaan om Fokofpolisiekar te kyk. Ek reis oorsee dikwels met vriende om konserte by te woon in plek van om na die strand te gaan. Gewoonlik hou ek nie van plan-maak nie. Ek is altyd onseker wat of hoe ek alles gaan doen, ek wil dinge verander as ek so wil doen. Ek is ‘n nagmerrie!

Maar hierdie keer maak ek ‘n plan en koop my vliegkaartjies na Amsterdam want ek ry met ‘n Suid-Afrikaanse vriend wat Amsterdam wil besoek. En toe – net nadat ek betaal het – het die band aangekondig dat hulle ook in Leuven in België gaan speel. Ek het verlede jaar gekuier in Leuven. Ek hou van die stad net buite die hoofstad. Vlaamse vriende bly in die omgewing wat ek kan vra om saam te kom. Maar ek kan nie nou vra my vriend om planne te verander nie. Hy wil Amsterdam ervaar en ek die band kyk speel. Dus gaan ek die gig mis ten spyte van die feit dat ek nie te ver weg gaan wees. Dit voel fout.

So soms is dit net beter om geen planne te maak nie sodat ek skielik iets anders kan doen as ek kan. Dis hoekom ek en my girlfriend selde oorsee saam gaan want ek weier om planne te maak en sy wil weet wat ons saam gaan doen!