Monthly Archives: August 2017

So hoe goed ken ek Afrikaans?

Verlede week vind ek ‘n skakel aan ‘n webblad waar jy ‘n CEFR kan skryf en ek het die Nederlandse toets geskryf het. Soos ek reeds gedink het, bereik ek B1 – Independent User: Threshold or Intermediate, wat bedoel:

“You can understand essential points when they relate to familiar subjects such as work, school, leisure activities, etc., spoken in clear and standard language. You can manage in most situations which arise while travelling in a region where this language is spoken. You are able to take part in a conversation in simple and coherent language on subjects which are familiar or of personal interest. You are able to describe an event, an experience, a dream, an aim or an expectation. You can express your opinion and briefly explain your goals or your ideas.”

Hierdie is die vlak wat ek dog ek bereik het. Ná ek die Nederlandse kursus op Duolingo voltooi het, weet ek hoeveel ek sukkel as ek Nederlands praat en lees. Die spelling (soveel z’s, ij’s en sch’s), die vreemde woorde, die verskillende aspekte van die grammatika, die uitspraak ensovoorts maak alles moeiliker vir my as ek sou verwag het. As ek wil verbeter weet ek nou meer oor dié waarop ek my fokus moet sit.

Op die ander kant hierdie laat my peins oor goed ek Afrikaans ken. ‘n Mens kan nie die CEFR toets in Afrikaans skryf, want Afrikaans is nie ‘n taal van die Europese Unie nie, maar ek glo ek praat ten minste so goed soos die ekwivalent van B2 – Vantage or Upper Intermediate. Seker beskryf ek dit op my CV maar die ware rede dat ek die taal insluit is want ek weet amper niemand só ‘n eis op hul CV in Brittanje maak nie. In my tipe werk gee Afrikaans vir my geen voordele nie en ek vind nou geen Suid-Afrikaners by die werk nie.

Ek wil beslis weet hoe goed ek Afrikaans praat. Ek weet ek sukkel met gesproke Afrikaans en as ek na liedjies luister het ek amper geen idee nie. As ek met vriende praat moet ek op warm en raak gewoonte aan hulle maar dan praat ek sonder moeilikhede.

Een diens wat ek kan gebruik is italki.com en ek doen ‘n bietjie navorsing oor mense wat Afrikaans klasse gee. Ek soek nie ‘n mens wat my die taal kan leer nie, maar iemand wat my hulp met ‘n paar sekere aspekte wat ek weet ek moet verbeter – iemand wat vir my kan sê hoe goed praat ek die taal. Ek het aantal aspekte geïdentifiseer waar ek is swak. Die uitdaging nou is om uit te werk wat ek moet dien om op die ekwivalente C1 – Proficient User: Effective Operational Proficiency or Advanced kan kom.

In dieselfde toets vir Frans was my uitslag ook B1 wat goed is. Ek voel gemaklik daarmee maar nes enige taal, moet ek oefen so veel soos moontlik.