Monthly Archives: December 2019

‘n Week se werk met Crisis

In hierdie vakansietyd het ek weer met Crisis as ‘n gewek wat ek baie geniet het. Hierdie was die sesde jaar dat ek met hulle gewerk het so het ek ‘n rede elke jaar om by my eie te bly en ek kan nie by die familie gaan kuier nie.

So wat maak ‘n algemene vrywilliger? Ek hou van die feit dat ek geen verantwoordlikheid het nie; wat ek bedoel is dat ek nie beslissings moet maak nie. Ek is vertel wat nodig is en doen ek dit. Dikwels sit ek by ‘n deur met ‘n ander vrwyilliger of maak ek skoon die waskamer of wag ek buite by ‘n hek in die buitelug. Okei, dit klink nie belangrik nie maar sonder die algemene vrywilligers en hierdie tipe werk kan ons nie die verskeidenheid dienste vir die hawelose mense – die gaste – gee nie.

Ek wil nie te veel oor die gaste sê nie weens hul privaatheid ensovoorts, maar ek erken veel gaste van die vorige kere toe ek by die sentrum gewerk het. Dit is natuurlik traurig dat hulle elke jaar die dienste kom neem. Jy hoop dat hulle die noodsaaklike help kan kry om hul lewes te verbeter. Jy gesels ‘n bietjie met hulle en luister na hulle en jy weet dat vir baie mense is hierdie die enigste keer in die hele jaar dat mense na hulle luister.

Dié waarvan ek die mees hou, is om met ander vrywilligers te gesels en om oor hulle te leer. Die vriendskap en geselskap is belangrik vir my. As ek op my eie bly terwyl almal anders by hul families kuier speel hierdie mense ‘n baie belangrike rol vir my. Soms vra ek myself of die hele doel van die week is om ‘n week vol aktiwiteite vir mense soos ek te verskaf voordat ons in Januarie terug na die werk moet gaan.