Monthly Archives: September 2008

Suid-Afrikaanse koerante in Londen

Ek is man van roetine. Ek doen dieselfde dinge die hele tyd. Elke vrydagoggend het ek uit die moltrien in Leicester Square stasie afgestap, ‘n tee van Starbucks gekoop en die nuwe uitgawe van SA Times UK gekry. Toe het ek na werk toe geloop. Elke maand het ek Die Stem ook gekry. Dit was baie lekker.

Net ‘n paar maande gelede was daar drie (ek dink) gratis Suid-Afrikaanse koerante in Londen, naamlik SA Times UK, Die Stem en The South African. Maar nou het alles verander. Ek verstaan dat SA Times UK – wat in Engels was maar met ‘n paar berigte in Afrikaans – bankrot gespeel het. Die Stem is nou net ‘n half-blad en een berig in The South African, wat nou die enigtse Suid-Afrikaanse koerante in Londen is.

So ek vra, hoekom? Is daar nie geneog Suid-Afrikaners in Londen om ‘n paar koerante te ondersteun nie? Het niemand die koerante gelees nie? Wil niemand die koerante lees nie? Daar’s nou veel gratis koerante vir mense uit Rusland en Pole so dis ‘n groot skaam.

Wat kan ons doen? Wat wil mense doen?

Hoekom so stil weer?

Ek is nou baie besig met sport (Krav Maga, waaroor ek een dag sal skryf), Duits en werk.

Op Dinsdagaand was die eerste Duitse klas en daar’s nou sewe nuwe mense en ons vier wat verlede jaar se klas voltooi het. Een van die nuwe mense is ‘n Suid-Afrikanse vrou wat baie goeie Afrikaans – en baie goeie Duits – praat so ons het ‘n bietjie gesels. Dit bedoel dat nou ek ‘n ware poging met Duits moet maak as ek nog die beste in die klas wil wees.

Anders nuus? Net gaan Arsenal kyk, sien Metallica op O2 Arena en gaan kroeë toe. ‘n Lui lewe.

Rugby in Twickenham

Gister het ek Twickenham toe gegaan om rugby te kyk. Nou gewoonlik doen ek nie dinge soos dié nie – voetbal is my sport – maar ek het Boland Kavaliers sien speel toe ek onlangs in Suid-Afrika was wat ek geniet het.

Op pad Twickenham toe het ek boerewors van ‘n padstal gekoop wat baie lekker was. Twickenham Stadium is baie indrukwekkend ek moet sê. Ek het nie besef net hoe groot dit is nie. Nie so goed soos Arsenal nie maar nog baie goed. Ons het ‘n baie goeie uitsig van ons sitplekke af. Daar was twee wedstryds om te kyk – eers London Irish teen London Wasps en toe Harlequins teen Saracens. Ek is nie bewonderaar van enige span nie maar ek was meer as bly om te kyk, om bier te drink – wat jy nie op voetbal mag doen nie – en om met my vriende te gesels. Nadat was ons kroeg toe om oor Suid-Afrikaanse rugby en krieket te praat – twee van die ander mense is Suid-Afrikaners. Onderwerpe waaroor ek weet niks!

So ja, baie lekker en ek wil meer rugby kan sien.