Monthly Archives: September 2021

Dis nou die herfs en die somer is maar ‘n geheue

By die werk is ek lid van ‘n netwerk van taalliefhebbers en leerders in die Britse staatsdiens, wat elk week ‘n aanlynse vergadering en lesing hou. Ek sien baie elk week daarna uit en die lys gaste is indrukwekkend en insiggewend – ‘n ambassadeur, ‘n Vlaamse politikus, ‘n joernalis en kenner oor Rusland. Ek is die enigste lid wat Afrikaans praat – ek het al die organiseerders gevra – en ook niemand berig dat hulle Esperanto praat nie.

Tydens een lesing praat twee lede, wat nie Engels as moedertaal praat, het die ou cliché gesê dat buitelanders beter Engels as die Engels praat en dat hulle die Engelse van hul Engelstalige kollegas moet korrigeer.

Hierdie twee gedagtes pla my baie. Op die een kant en as jarelang leerder van ‘n vreemde taal, weet ek die verskil tussen boek taal en die taal wat ons elke dag in ons lewes praat. Ek hou baie van dié ou woorde wat deesdae deur Engelse woorde (die anglisisme) verplaas is. Die korrekte grammatika is baie pret om te leer en te sê, maar ek weet dat hierdie baie oudmodies laat klink. Dis mos te formeel vir die straat of sosiale media. Maar die idee dat ek beter Afrikaans kan praat, vanweë hierdie voorkeure, is belaglik.

Die tweede idee is omstrede, dat jy ander mense se taal mag of moet korrigeer. Taal laat ons onsself uitdruk. Dit dui aan ons lewe, ons verhaal en ons agtergrond, ons sosiale klas (en as ons oor Brittanje praat, betref alles aan klas!) ensovoorts. Wanneer mag jy mense korrigeer? Almal glo dat hulle gelyk het en dus sal die ander mense (wat gekorrigeerd word) jou hulp waardeer. By die werk moet ons altyd ander mense se skrywes redigeer en verander so in hierdie konteks verstaan ek soms, maar konteks is alles – en jou idee van verfynde taal is meer belangrik as iemand ander se taal gebruik. Maar gesproke taal is heilig, veral variente (ek verkies meestal hierdie beskrywing bo dialekte) en aksent.

Dit herinner my aan die raad vir mense (gewoonlik sprekers van groot, Westerse tale and dikwels Engels) wat baie klein, inheemse of uitstorvende tale (soos die inheemse Australiese of Noord-Amerikaanse tale) wil leer, dat die moedertaal spekers hulle nie verwelkom nie. Dis weens die neiging van sommige leerders om hulself te gedrag asof hulle die wagters en redders van die taal is, wat ken dit beter. Geen vergelyking is honderd persent dieselfde. Dit kan nooit wees nie. Ek ervaar soms hiedie met Afrikaans dus leer ek om te verswyg. Sonder om te kultuur tot ‘n hoë vlak te ken, behoort die taal aan almal, insluitend leerders wat groot bydrae maak, maar vir moedertaal sprekers speel hul taal so ‘n baie belangrike rol aan hul identiteit.

Ek is van plan om ‘n paar lesse op iTalki te koop want ek praat al byna een jaar lank geen Afrikaans nie, maar vir nou studeer ek Nederlands.