Monthly Archives: April 2018

Nuwe kiekies uit Londen

Vroeër in die maand het die Commonwelth Heads of Government Conference in Londen plaasgevind en gevolglik was deeltes van die stad óf gesluit óf moeilik om in te kom. Een pragtige aspek was die weer en seker is Londen in spring wanneer die son skyn vir die eerste keer en toeriste dwaal oor die stad, baie mooi. Op Die Wandelhal wapper die vlae van die lede lande (wat lok mense soos ek) en maar ongelukkig kon ek nie die regte kiekie afneem wat ek wil neem nie, weens die wind, die skaduwee of een ander rede – en die feit ook dat ek nie ‘n fotograaf is nie.

Die vlag va Suid-Afrika

Die vlag va Suid-Afrika wapper in die wind op Die Wandelhal

Die vlag van Namibië

Die vlag van Namibië. In die agtergrond wapper die vlae van die ander lande

‘n Week vroeër vat ek ‘n paar dae se verlof en soos altyd maak amper niks, maar ek het die British Msuem besoek om ‘n tentoonstelling te sien oor A revolutionary legacy: Haiti and Toussaint Louverture. Ek wou die portret onder sien, wat ek op die plakkat verskyn het en wat ek eers oor die tentoonstelling gemerk het.

Toussaint Louverture

Portret van Toussaint Louverture

Ook loop ek langs die Teems en besoek die Noorse Kerk wat hierdie beeld bevat. Hy is seker ‘n gawe outjie.

Haakon VII van Norweë

Beeld van Haakon VII van Norweë