Monthly Archives: June 2017

Ou posseëls en taal

Die ander dag staan ek en suip buite ‘n kroeg met ‘n vriend toe ek in die venster hierdie twee posseëls op ‘n plakkat sien. Dit was vreemd op hierdie twee posseëls by London School of Economics te sien maar jy vergeet soms dat stukkies tale op so veel overwagte verskillende maniere verskyn. Soms is jy vol hoop dat jy die taal sal vind en daar’s niks. Op ander kere kom jy op die taal wanneer jy dit nooit sou verwag het nie.

Herken iemand die dorpie naam op de poststempel, sê dit Klerksdorp?

‘n Paar dae vroëer het ek en ‘n vriend na ‘n Meetup gegaan vir mense wat vreemde tale wil oefen. Dis geen verrassing om te berig dat niemand Afrikaans gepraat het nie. Die mense wat die groep bestuur sê daar’s ‘n mens wat die taal ken, wat bywoon maar in my ervaring kom ek elke keer op dieselfde dag as hy weg is. My Suid-Afrikaanse vriend sê dat niemand buite Suid-Afrika die taal leer of wil praat en alhoewel ek hoop dat hy verkeerd is, weet ek hy is heel reg.

'n Ou posseël

‘n Posseël in ‘n venster

Posseël uit Suid-Afrika

Kan jy die poststempel herken?

Die vlae wapper

Ek loop vandag in Parliament Square langsaam die Parliament om hierdie vlae te sien wat in die warm lug en son wapper. Hierdie merk die Konigin se amptelike verjaardag wat deur Trooping the Colour op die komende naweek gevier word.

Hierdie vlae is dié van die Britse Kroongebiede – Eiland Man, Jersey en Guernsey en die kleine eilande – en dié van die Britse Oorsee Gebiede – beide groepe is klein onafhanklike gebiede van Brittanje of die Kroon. Ek is presies die tipe oke wat hierdie toneel kom sien – die oudmodiese blou Britse vaandel met ‘n wapenskild of ‘n ander vreemde ontwerp wat min mense ken. Die toeriste stel geen belang nie maar hulle mis ‘n klein stukkie geskeidenis.

Vlae wapper

‘n Klassieke toeriste kiekie – die Elizabeth-toring en Big Ben staan in die agtergrond

Meer vlae, wapper

Min bekende vlae word deur toeriste geïgnoreer