Monthly Archives: April 2007

Die Moddereiland Potgooi 43

Gister het ek Teddington toe gekom om ‘n potgooi met Johan van die Moddereiland Potgooi en Margie te maak. Ons het lekker gejol en baie biers gedrink en ek hoop ek was nie te dronk en dat ek betekennis aanhou maak! Laat my weet wat jy dink.

Daarna het ons Eben en Natalie van potgooi.ca in Kanada op Skype gebel. Ek dink ons was toe baie dronk en dit was baie vroeg in Kanada so miskien het ons hulle gepla! Nee, dit was baie lekker om weer met hulle te praat en dit was goed om al hul nuus uit te vind.

London Zoo en planne vir my vakansie in Londen

Ek is nou op vakansie maar ek bly in Londen en net lekker ontspan. Werk was baie besig gewees so dis nou lekker om niks te doen nie. Miksien sal ons môre Brighton toe gaan om op die strand te loop en op die dodgems te ry/speel. Om Vrydag sal Johan van die Moddereiland Potgooi en ek ‘n nuwe potgooi maak maar tans kyk ek net Deadwood op DVD wat uitstekend is. Dis een van die beste programme wat ek onlangs gesien het ek wonder hoekom ek dit nie vroeër gekyk het nie.

Op die naweek het ons London Zoo besoek. My vrou werk as vrywilliger by die dieretuin op elke ander naweek en ek is lid en ons geniet om al die diere te gaan sien. Verlede week is die nuwe gorilla huis opgemaak en dis reeds baie populêr met die besoekers. Gewoonlik hou ek nie baie van gorillas of die ander ape nie maar noudat ek hulle meer sien begin ek huller waardeer.

Ons gunstelige diere is die meerkatte en die otters. Hulle lyk en speel net soos ons katte en dit lyk asof almal baie van hulle hou as hulle onder mekaar of met klippe speel-speel. Daar’s ook ‘n nuwe reënwoud gebou waar die ape en ander klein diere klim en loop onder die besoekers omdat hulle nie agter glas in die hoofde deel woon nie! Dis moeilik om te verduidelik en ek dink dat die diere gou-gou in hulle deel sal bly as hulle bang van mense word. Jy moet gaan besoek.

Ja, ek weet dis nie Suid-Afrika en die Kruger nie (ek was daar op twee keer gewees) maar dis nog goed vir ons. Onder is foto’s van ‘n sloth, otter en meerkat.