Category Archives: Alexander

Meer sneeu

Gister het dit vir omtrent ‘n half-uur kwaai gesneeu en ons kon skaars deur die vensters uit kyk. Ek sit nou weer op die rivier se kant en het ‘n lekker uitsig op die Teems. Ons almal was baie opgwonde maar toe so vinnig soos dit begin sneeu het, het dit verdwyn. Toe het dit gisteraand weer gesneeu en nou lê sneeu orals, dis baie mooi. Ek gaan vanaand na die voetbal toe en ek twyfel nie dat dit baie koud sal wees nie!

My werk gebou in die sneeustormtjie

My werk gebou in die sneeustormtjie

British Library

Saterdag het ek na die British Library toe gegaan om die Evolving English: One Language, Many Voices tentoonstelling oor die ontwikkeling van die Engelse taal te sien. Ek stel groot belang in Ou Engels soos Beowulf en die Anglo-Saxon Chronicle. Daardie tydperk was baie belangrik in die ontwikkeling van beide Engels, wat nou ‘n wêreld taal is, en vir my land en sy kultuur; onthou, ek is Engelsman.

Toe ek op skool was, moes ek ‘n bietjie Chaucer en Shakespeare studeer. Ek dink ek is dalk die enigste leerling wat dit nie kon begryp nie of seker het ek met Chaucer gesukkel en Shakespeare was ook moeilik. Ek was nie die slimmste kind ter wêreld nie. Soveel ander mense sê dat hulle dit amper vlot verstaan, maar na my mening was dit baie anders as die Moderne Engels wat jy en ek vandag praat. Ek meen, ek hou baie van die Engels in die Wyclif, Tyndale en King James Bybels – hulle is so mooi en die bronne van baie uitdrukkings in huidige Engels – maar ek sukkel soms om dit te volg en hulle is in Vroeë Moderne Engels geskryf. Miskien is die probleem dat die font/geskrif so anders is wat ek dit skaars kan uitwerk.

Die tentoonstelling was interessant maar ek moet erken dat ek ‘n bietjie teleurgestel daarmee was. Vir my was die nie genoeg Ou Engels nie maar ek weet daar bestaan nie veel boeke uit daardie tydperk nie. Ek is bly dat ek gegaan het, dit was gratis en die boekwinkel was vol interessante goede.

Rugby en Afrikaans

Saterdag het ek na die Engeland teen Suid-Afrika rugby wedstryd toe by Twickenham gegaan.

Ek het ‘n baie cool tyd gehad, ek het saam met Willem gegaan en hy ken veel meer oor rugby as ek. Ongelukkig was dit ongelooflike koud en dit het geen verskil gemaak hoeveel biers ek gesuip het nie, het ek nie warmer geraak nie! Engeland was nie goed nie wat vir my ‘n teleurstelling was maar Suid-Afrika het die sege verdien. Daar was ‘n baie vriendelike atmosfeer en ons het met ander Engelse en Suid-Afrikaanse ondersteuners gelag.

Donderdag, Vrydag en Saterdag het ek met ‘n paar Suid-Afrikaanse vriende uitgehang en dus kon ‘n bietjie Afrikaans met hulle gepraat. Dis vreemde ding is, het ek eintlik baie min Afrikaans met hulle gepraat want ons kon nie mekaar goed in die kroeg hoor nie en ek was baie moeg.

Op die ander kant het ek ‘n Engelse vriende se Afrikaanse vriend ontmoet en ons het ‘n lekker gespreek in Afrikaans gehad. Miskien was dit makliker om met iemand nuut Afrikaans te praat want ek voel ek moes amper vir hom my Afrikaans bewys dat ek eintlik die taal ken (die wêreld is vol mense wat eis om ‘n vreemde taal te kan praat maar as jy hulle vra, wil hulle baie selde dit met jou praat nie…). Ek is nie só nie.

Toe het ek Sondag ‘n bietjie skype met Eben en Natalie in Kanada gedoen. Dit was so lekker om weer met hulle te praat maar ek het destyds nie so goed gevoel nie (na drie nae van suip) so moes ek net Engels praat! Ons het gesels oor planne om miskien volgende jaar Suid-Afrika toe te gaan so is ek nou baie entoesasties om uit te gaan. My vrou sê ek mag gaan, al wat ek nou moet doen, is ‘n plan maak.

Foto’s van Twickenham af.

Engeland skop

Engeland skop

Suid-Afrika donner Engeland

Suid-Afrika donner Engeland

Een eksamen is geskryf, een ander om te skryf

Ek het vanoggend my eerste CIMA eksamen, Enterprise Operations, geskryf en gelukkig voel ek dat dit nie te moeilik was nie. Dit beteken nie dat ek geslaag het nie, miskien het ek net gepraat-praat sonder om ‘n ware antword te gee, maar ek het die onderwerpe geken so voel ek okei.

Donderdagoggend skryf ek die ander, moeiliker ene oor Financial Operations so moet ek nou swot-swot.

Die droom lewe nog. Een dag sal ek kan sê, “Ek is ‘n rekenmeester!”

In die biblioteek

Ek sit nou in my plaaslike biblioteek in Palmers Green en probeer om vir my komende eksamens te studeer. Dis snaaks want ek het net verlede naweek ‘n lid van die biblioteek geword en het vergeet hoe nuttig dit kan wees. Op skool, universiteit en werk kon ek na die biblioteek toe gaan om te leer en om werk te vermy. Nou is dit ‘n lekker plek om in stilte te werk want ek vind dit te moeilik om tuis te studeer, daar’s te veel ander en meer interessante dinge te doen. Hier is daar ander leerlinge van rekeningkunde dus voel ek nie dat die enigste ou is wat op sy naweek moet studeer nie. Ook het ek ‘n bietjie soektog gedoen en ek is nou bly om vir julle te sê dat in hierdie biblioteek daar een boek oor die aanleer van Afrikaans is.

Op die ander kant, is die nuwe probleem nou my iPhone 4 waarop ek nou die hele tyd speel!

Amerikaanse voetbal!

Soos ek gister geskryf het, het ek na die Amerikaanse voetbal by Wembley toe gegaan.

Ek moet sê dit was baie cool. Nou weet ek daar’s ‘n verskil tussen ‘n liga wedstryd in Amerika en een in Londen maar die atmosfeer was fantasties en jy besef net hoe populêr die sport buite Amerika is – meer as 80,000 mense het gekom – en ook hoe pret dit moet wees om in Amerika te gaan kyk. As jy die geleentheid kry om te kyk, neem dit. Dis ‘n interessante ervaring en baie anders as rugby en voetbal (of sokker, as jy Amerikaner of Suid-Afrikaner is).

Hulle gaan skop en hardloop

Hulle gaan skop en hardloop

Gooi die bal!

Gooi die bal!

Die meisies was baie populêr met die meerderheid van die crowd

Die meisies was baie populêr met die meerderheid van die crowd

Ons uitsig was nie sleg nie

Ons uitsig wat nie sleg was nie

Amerikaanse voetbal vir ons Londenaars

Ek sit nou op die moltrein na Wembley Stadion toe om die Amerikaanse voetbal tussen die San Francisco 49ers en Denver Broncos te kyk. ‘n Vriend het ‘n ekstra kaartjie gehad en het dit aan my aangebied. Ek is nie ‘n groot fan nie maar dit lyk pret so dis hoekom ek nou ry. Ek sal foto’s neem en op die blog sit.

Een dag sal my span, die legendariese Detroit Lions (weens hoe afskuwelik hulle is!), kom speel. Dat sal baie cool wees.

En een ander ding, help nie die outomatiese spellchecker op die iPhone 4 nie. Dit verduidelik as daar veel vremde spel foute is!

Verlede week se Afrikaans

Gewoonlik het ek baie min geleenthede om Afrikaans te praat maar gelukkig verlede week het ek drie kere gehad om saam met vriende uit te hang en probeer praat. Donderdagaand en Vrydagaand was ek in kroeë met Afrikaanse tjommies wat cool was maar aangesien dit so hard daarin het ons net meestals Engels gepraat.

Saterdagaand het ek na ‘n vriend G se huis vir ‘n potjie gegaan. Ek ken G nie goed nie maar sy broer S is ‘n vriend by wie ek in Kaapstad ‘n bietjie gekuier het en G gaan nou weg so het my gevra om na sy potjie want hy gaan komende week weg. Ek was dus die enigste nie-Suid-Afrikaner en ek glo daar was net een of miskien twee ander nie-Afrikaanssprekende. Natuurlik in hierdie tipe sosiale situasies kan dit baie moeilik of vreemd wees as jy net die gasheer ken maar ek moet sê ek het so ‘n lekker aand gehad dat ek baie bly was dat ek uiteindelik besluit het om te gaan – ek wil nie onbeskof lyk maar ek studeer op die oomblik so ek kan nie sosialiseer so veel soos gewoonlik nie en ook sy huis lê op die ander kant van Londen omtrent 16km van myne af.

Na ek opgewarm het, was dit ‘n groot plesier om Afrikaans met nuwe mense te kon praat en ek dink hulle was beïndruk. As ek nie die sin van hulle gespreke kon volg nie (amper die hele tyd) was dit nog goed om te hoor hoe mense die verskillende geluide en klanke sê. Een ding wat ek (glo ek) kan merk is die verskil tussen dié wat twee Afrikaanse ouers het en dus het in ‘n eentalige huis grootgeword en dié wat een Afrikaans en een Engles ouer het en dus het in ‘n tweetalige huis grootgeword. Die laasgenoemende mense se Afrikaans is vir my veel makliker om te verstaan en hulle uitspraak is nie so hard nie. Wel dis my persepsie.

Ek voel nou dat ek my motivering vir Afrikaans terug gekry het, so na ek my eksamens geskryf het sal ek ‘n nuwe poging maak om dit te praat. Ek is baie opgewonde!

Vier jare en 200 posse

Vandag vier ek twee verjaardae – dis beide my niggie (broer se dogter) en my blog se vierde verjaardae. Toe ek begin blog het, het ek nie besef dat dit ook die dag toe my niggie gebore is nie en het slegs onlangs die konneksie tussen die twee gebeurtenisse gemaak.

Hierdie pos is ook my 200ste pos. Miskien is dit nie die beste nie maar dit verduidelik ‘n bietjie hoekom ek elke dag vanweek geskryf het, ek wou die mylpaal bereik. As ek lees, is daar veel posse wat ek nie gepubliseer het nie, wat ek nie klaarmaak skryf het nie, ontwerpe vol gedagtes en idees wat ek tans nie goed genoeg in Afrikaans kan uitdruk nie. Ja, miskien is een deel nie baie goed nie, een ander deel is te ververlig en nog een ander deel te onbeskaaf oor dinge.

As ek nie op ‘n gereelde basis opdateer, begin ek dinge vergeet. Ek praat nou die taal selde aangesien dat onlangs my Afrikaanse tjommie by werk verlaat het. Ek skryf elke dag e-posse met ‘n paar mense maar dis nie so goed soos om te oefen praat nie en die geleenthede vir sy gebruik raak minder en minder. Ek lees af en toe die Suid-Afrikaanse koerante wat in die VK uitgegee is, maar bevat nou geen Arikaans nie en dis vol nuus vir ex-pats wat nie my interesseer nie. Ek lees nog ander mense se blogs, die Afrikaanse Wikipedia en die Afrikaanse koerante aanlyn maar ek besig om te studeer dat ek nie genoeg tyd het om veel te lees nie.

Ek moet beslis nuwe mense vind om mee te praat anders sal ek net een enkel, stille stem onder miljoene wees wat sy gedagtes in die leë ruimte van die internet uitsaai.

Dit reën!

Gister het ek geskryf hoe mooi die weer is en vandag reën dit kwaai, dis ongelooflik. Ek het al my chilli blomme in tuin geplaas sodat hulle in die sonlig kan sit, nou is ek bekommerd dat hulle gaan verdrink.

Die weer

Dis sal gou Okotber wees en ek sou verwag dat die weer nou sleg moet begin raak maar eintlik is dit nog baie mooi. Ek het vanaand in die stad op ‘n Boris Bike gery en dit was so lekker en warm, die strate was vol fietsryers, die sypaadjies vol mense, die cafés en winkels was oop en dit het soos die somer gevoel wat ons nie vanjaar gehad het nie.

Geskenke

Ek sukkel ‘n bietjie op die oomblik met om geskenke vir familielede se verjaardae te koop. Van nou af tot Kersfees is daar my vrou en vier broerkinders (ek weet dis ‘n Nederlandse woord, nie so seker of julle dit in Afrikaans sê nie. Die woorde neef en niggie is te vaag vir ons Engelssprekers) se verjaarsdae en elke keer het ek geen idee wat ek gaan koop nie. Die kleintjies is nog baie jong (die oudste sal ses jare oud word, wat baie nog jong na my mening is) en ek sien hulle so selde dat ek niks oor hulle weet nie. Natuurlik as volwassene sonder sy eie kinders, weet ek niks oor speeltjies en goede waarvan kinders hou nie. Hulle is te jong om iets spesiaal te waardeer, hulle het reeds veel speeltjies dus raak dit geen saak as ek vir hulle die splinternuutste speeltjie of net ‘n ou boks vir hulle gee nie, ongeags die geskenk sal hulle óf begin ween óf begin speel! Ja, ek is beslis die tipe oom wat kinders nie wil hê nie; ek het baie goed van my eie (Suid-Afrikaanse) ooms af geleer.

Ek moet ook sê dat ek reeds ‘n geskenk vir my vrou gekry het, sy het dit makliker vir my gemaak want sy het vir my te gesê wat sy wil hê. Daai manier is beter en makliker vir almal.

Misdaad

Maandag het ons ‘n huisbraak by ons woonstel gehad. Die dief/diewe het die deur ingekick en het die Xbox 360, Wii en my werk sakrekenaar gesteel. Gelukkig het hy/sy/hulle nie die krediet kaarte, rekenaars, selfoons ens geneem. Ons weet nie hoe hulle deur die gebou se ingang ingekom het. Die skade is baie klein en ons het versekering so sal vervangings kry maar ons sal nou die sekuriteit moet verbeter. Gelukkig was die polisie baie nuttig.

Nou wys hierdie gebeurtenis dat misdaad in alle lande plaas vind. Dit wys nie dat VK min of meer veilig as Suid-Afrika is nie maar ek weet welke land ek dink is meer veilig. Dis net ‘n groot hassle.

Ek was weg maar nou is ek terug

Jammer dat ek so stil gewees het, het ek onlangs ‘n bietjie sukkel om in Afrikaans te dink. Ek gebruik dit so selde dat soms vind ek dit baie moeilik om myself uit te druk. Ek weet wat ek wil sê maar weet nie hoe om dit te sê nie. Hoe min ek praat, hoe moeilik om te praat.

Twee naweke gelede het ons na Sonisphere Festival in Stevenage toe gegaan. Dis ‘n groot rock en metal musiekfees buite Londen waat ek verlede jaar ook bygewoon het. Dit was baie pret maar ongelukkig was ek baie moeg en ook het my selfoon verloor toe ons The Cult gekyk. Ek weet nie of iemand het dit gesteel of het dit buite my sak geval. Gelukkig het ek verskering gehad en vandag ek het my vervanging ontvang maar dis ‘n groot hassle om alles uit te soorteer. Ek het veral Rammstein, The Cult en Kylesa geniet en ek sal beslis volgende jaar terug gaan. Stevenage lê ‘n uur se ry noord van Londen af dus kon ons elke dag ry wat veel makkliker en sneller was.

Verlede week was my groot vakansie. Elke keer is dit diselfde, ek gaan na België en Duitsland toe om musiekfeeste by te woon. Vanjaar het ek die Eurostar Brussel toe geneem en toe na Gent om by ‘n Vlaming vriend te kuier. Eers het ons – en veel ander vriende – na Lokerse Feesten toe gegaan om The Sisters Of Mercy te sien speel, wat fantasties was. Soos jy weet, is hulle die greatest rock’n’roll band in the world. Omdat ons elke jaar of elke toer gaan, ken ons veel ander mense uit veel verskillende lande wat ook saam kom so dis cool elke jaar om almal weer te sien en om saam uit te hang. Musiekfeeste in België, veral in Vlaandere, is altyd baie pret.

Toe het ek Ieper toe gegaan om die Menenpoort te sien. Dis baie treurig om te sien al die name van die soldate uit die ou Britse Rykdom wat gesneuwel het en Ieper is baie trots en dankbaar op hulle. Ieper is ‘n mooi Vlaamse dorpie maar ongelukkig kon niemand my verstaan toe ek Afrikaans/Nederlands met hulle probeer praat dus moes ek net Engels praat. Miskien is my uitspraak baie verskriklik.

Eintlik, dis snaaks want ‘n Afrikaanse vriend was onlangs in Brugge en hy en sy girlfriend het Afrikaans met almal gepraat maar die Belgs het hom gevra of hulle Nederlanders was weens hulle vreemde taal. Ek het my Vlaamse vriend gevra of hy van Nederland hou en hy het gesê dis okei maar dis vol Nederlandse mense. Dis ‘n vreemd antwoord as jy buitelander is maar ander Vlaminge vriende dink dieselfde oor hulle mee-Nederlandtaliges (regte woord?); hulle hou van die taal maar Nederlanders en Vlaminge is twee aparte nasies.

Toe het ons na M’era Luna Festival in Hildesheim in Duitsland toe gery om die Sisters weer te sien. Op pad het ons deur ‘n dorpie buite Maastricht gery wat op die grens tussen België en Nederland lê. Daar’s geen verskil tussen die twee dele van die dorpie en die enigste aanwysing dat jy in ‘n verskillende land is, is die klein grenspale by die paaie. Ek het ook vergeet net hoe groot Duitsland is en sentraal Duitsland is vol dik bosse, heuwels (maar nie so groot soos berge nie) en diep valleie. Dis ‘n baie mooi land en in die sommer raak dit baie warm. Die fees was baie pret en ons het lekker gejol en gesels en gemosh – ja, ek is vyftien jaar oud!

En nou is ek terug en môre begin ek weer studeer.

'n Huis in Ieper

Die huis in Ieper van Jeroom Leuridan, Vlaamse kampvegter en politikus

Suid-Afrikaanse soldate wat gesneuwel het

Suid-Afrikaanse soldate wat gesneuwel het

Die Menenpoort

Die Menenpoort

'n Grenspaal tussen België en Nederland

'n Grenspaal tussen België en Nederland, van die Nederland se kant af

The Cult

The Cult

The Cult

The Cult

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

Geen entoesiastiesheid

Elke af en toe verloor ek al my entoesiastiesheid en begin wonder hoekom ek die poging maak. Nou is dié keer. Byvoorbeeld is daar ‘n paar posts wat ek op veel kere probeer skryf het, maar kan nooit hulle voltooi nie. Ek dink hulle sou interessant wees om te lees maar toe ek begin skryf skreeu my brein, “Vervelig!”.