Die Londen fiets huur skema

Ek het onlangs die London Bike Hire skema begin gebruik en ek moet sê dat dit fantasties is! Ek het my eie fiets wat ek nooit ry nie want dis te moeilik om dit van agter my vrou se twee fietse af uit te haal. Sy ry meeste dae werk toe wat ‘n rit van omtrent 12 kms is wat indrukwekkend is, maar ek het nooit tot dusver werk toe gery nie. Ek het nou by die skema geregistreet en ry elke dag as ek in die stad is.

Die skema is baie maklik om te gebruik; jy registreer wat £48 vir die jaar kos en jy ontvang dan ‘n sleutel. Dis gratis as jy vir minder as 30 minute ry en gewoonlik maak ek elke dag aantal vyf-na-vyftien minute lang ritte. Daar’s omtrent 5,000 fietse en meer as 300 fiets stasies waar jy ‘n fiets kan neem. Ek weet dat veel ander stede het so ‘n skema vir jare gehad en dus is Londen se skema die jongste.

Mense noem die fietse “Boris Bikes” na die burgermeester Boris Johnson wat ‘n fietsryer is (ons verkies die naam “BoJo Bikes”). Eintlik was dit nie sy idee nie, dit was Ken Livingstone s’n, die vorige bugermeester, maar as die huidige burgermeester neem hy die krediet. Dis vreemd as ek ry want ek besef nou net hoe ander dit is om fiets te ry as om te loop. As ek loop mag ek in elke straat in enige rigting gaan, maar as ek ry moet ek die verkeersreëls gehoorsaam, soms mag ek nie links of regs draai of mag nie of die sypad ry nie. Jy onthou ook dat ek nie ‘n motor kan ry nie. Ek ken baie goed die kaart van sentraal Londen maar nou is alles nuut, ek moet begin dink waarheen ek wil ry en dan moet ‘n plan maak.

Tans moet jy registreer om die fietse te gebruik maar hulle beplan dat toeriste sal hulle mag gebruik so as jy kom besoek, huur asseblief ‘n fiets en geniet ons stad!

'n Boris Bike

'n Boris Bike in King's Cross

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam