Geskenke

Ek sukkel ‘n bietjie op die oomblik met om geskenke vir familielede se verjaardae te koop. Van nou af tot Kersfees is daar my vrou en vier broerkinders (ek weet dis ‘n Nederlandse woord, nie so seker of julle dit in Afrikaans sê nie. Die woorde neef en niggie is te vaag vir ons Engelssprekers) se verjaarsdae en elke keer het ek geen idee wat ek gaan koop nie. Die kleintjies is nog baie jong (die oudste sal ses jare oud word, wat baie nog jong na my mening is) en ek sien hulle so selde dat ek niks oor hulle weet nie. Natuurlik as volwassene sonder sy eie kinders, weet ek niks oor speeltjies en goede waarvan kinders hou nie. Hulle is te jong om iets spesiaal te waardeer, hulle het reeds veel speeltjies dus raak dit geen saak as ek vir hulle die splinternuutste speeltjie of net ‘n ou boks vir hulle gee nie, ongeags die geskenk sal hulle óf begin ween óf begin speel! Ja, ek is beslis die tipe oom wat kinders nie wil hê nie; ek het baie goed van my eie (Suid-Afrikaanse) ooms af geleer.

Ek moet ook sê dat ek reeds ‘n geskenk vir my vrou gekry het, sy het dit makliker vir my gemaak want sy het vir my te gesê wat sy wil hê. Daai manier is beter en makliker vir almal.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam