Tag Archives: CIMA

Hersiening

Komende week skryf ek weer CIMA eksamens. Hulle kom twee kere elke jaar in Mei en November. Hierdie maand het ek vir my hele vrye tyd hersien.

Oorspronklik het ek by die huis probeer studeer maar ek het stadig besef dat ek te maklik afgetrokke word en toe gaan ek tee maak of op die rekenaar speel en toe altyd kom die katte om op die tafel te sit so bereik ek niks.

Nou gaan ek BPP toe in die stad waar ek my klasse neem. Gewoonlik gaan ek ‘n paar aande na werk en dan ook vir ‘n paar ure Saterdag en Sondag. Ek begin die ander studente leer ken of seker erken – wel ons vergeet almal se name en is te Engels om te vra – en ons praat oor die moeilikhede met die kursusse. Nou is almal baie besig en studeer die hele dag. Vandag en gister was ek 8.30vm by BPP om ‘n sitplek te kry en het nie tot na 7nm verlaat nie, kan jy dit glo! Almal sit nou in stilte en skryf oefen eksamens en vrae, dis baie motiviseering om met almal anders te studeer. Ek dink niemand het genoeg dissipline nie want ons moet in ‘n kamer sit om seker te maak dat ons die werk doen. Natuurlik het almal iPhones en HTCs so speel ons daarop maar dis veel beter as om in die biblioteek of by die huis te studeer.

Gaan ek slaag? Ek weet nie maar ek dink almal is op die oomblik vol twyfel. Ons kan net wag tot ons die vrae sien voor ons begin wanhoop!

Sukses!

Ek het vanoggend die uitslae van my CIMA eksamens gekry en het altwee geslaag!

Ek het 74% in Enterprise Operations gekry – ek het verwag om te slaag maar is nog baie bly – en 57% in Financial Operations gekry – ek was baie onseker en dis veel beter as ek kon hoop!

Dit bedoel twee dinge nou; een, begin ek nuwe onderwerpe in Maart studeer en ek sal hierdie keer veel meer werk doen sodat ek nie weer hierdie gevoel van onsekeheid ervaar nie; en twee, kan ek nou in Maart na gigs in Luxembourg and Parys toe gaan.

Die droom om as rekenmeester te kwalifiseer, bly en een dag sal ek dalk goed genoeg wees om vir Arthur Andersen te werk!

Een eksamen is geskryf, een ander om te skryf

Ek het vanoggend my eerste CIMA eksamen, Enterprise Operations, geskryf en gelukkig voel ek dat dit nie te moeilik was nie. Dit beteken nie dat ek geslaag het nie, miskien het ek net gepraat-praat sonder om ‘n ware antword te gee, maar ek het die onderwerpe geken so voel ek okei.

Donderdagoggend skryf ek die ander, moeiliker ene oor Financial Operations so moet ek nou swot-swot.

Die droom lewe nog. Een dag sal ek kan sê, “Ek is ‘n rekenmeester!”

Altyd nooit genoeg Afrikaans nie

Jammer dat ek baie besig gewees was. Ek studeer nou vir my finale eksamen in finansiele rekeningkunde vir my CIMA sertifikaat (die basiese vlak) en dan begin ek weer nog ‘n paar jare. Ek wou die eksamen ‘n paar maade gelede skryf maar ek was baie lui en nou sukkel om alles weer te leer want ek het veel vergeet. Gelukkig is my Afrikaanse tjommie by werk ‘n rekenmeester so het hy vir my die dubbelinskrywingstelsel verduidelik en ek leer ook die Afrikaanse woorde. Dit het ‘n bietjie gehelp om die artikel in Afrikaans te lees want ek moes ‘n ware poging maak om te probeer verstaan en nie net sien woorde en karakters sonder om uit te werk wat die kombinasies bedoel nie. Ek is nie seker of ek gaan slaag nie en as ek druip dan kan ek dit weer skryf maar hoe langer dit neem om te slaag, hoe minder Sokker/Voetbal-Wêreldbeker kan ek kyk.

Nadat die eksamen het ek ‘n paar maande voor die voglende vlak so wil ek en ‘n vriend ‘n bietjie Spaans leer. Ek het vroeër daaroor geskryf maar ons het nou ‘n boek en begin beplan hoe ons gaan leer. Ek het Spaans op skool geleer en kan nog ‘n bietjie onthou. Ons wil ‘n sekere vlakte bereik so as ons ‘n bietjie op ‘n gereelde basies leer sal ons een dag ‘n gesprek kan hou en sal dalk ook uiteindelik Spanje en Gibraltar besoek. Miskien een dag, maar vir nou is my fokus op CIMA.