Vier jare en 200 posse

Vandag vier ek twee verjaardae – dis beide my niggie (broer se dogter) en my blog se vierde verjaardae. Toe ek begin blog het, het ek nie besef dat dit ook die dag toe my niggie gebore is nie en het slegs onlangs die konneksie tussen die twee gebeurtenisse gemaak.

Hierdie pos is ook my 200ste pos. Miskien is dit nie die beste nie maar dit verduidelik ‘n bietjie hoekom ek elke dag vanweek geskryf het, ek wou die mylpaal bereik. As ek lees, is daar veel posse wat ek nie gepubliseer het nie, wat ek nie klaarmaak skryf het nie, ontwerpe vol gedagtes en idees wat ek tans nie goed genoeg in Afrikaans kan uitdruk nie. Ja, miskien is een deel nie baie goed nie, een ander deel is te ververlig en nog een ander deel te onbeskaaf oor dinge.

As ek nie op ‘n gereelde basis opdateer, begin ek dinge vergeet. Ek praat nou die taal selde aangesien dat onlangs my Afrikaanse tjommie by werk verlaat het. Ek skryf elke dag e-posse met ‘n paar mense maar dis nie so goed soos om te oefen praat nie en die geleenthede vir sy gebruik raak minder en minder. Ek lees af en toe die Suid-Afrikaanse koerante wat in die VK uitgegee is, maar bevat nou geen Arikaans nie en dis vol nuus vir ex-pats wat nie my interesseer nie. Ek lees nog ander mense se blogs, die Afrikaanse Wikipedia en die Afrikaanse koerante aanlyn maar ek besig om te studeer dat ek nie genoeg tyd het om veel te lees nie.

Ek moet beslis nuwe mense vind om mee te praat anders sal ek net een enkel, stille stem onder miljoene wees wat sy gedagtes in die leë ruimte van die internet uitsaai.

2 thoughts on “Vier jare en 200 posse

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam