Een eksamen is geskryf, een ander om te skryf

Ek het vanoggend my eerste CIMA eksamen, Enterprise Operations, geskryf en gelukkig voel ek dat dit nie te moeilik was nie. Dit beteken nie dat ek geslaag het nie, miskien het ek net gepraat-praat sonder om ‘n ware antword te gee, maar ek het die onderwerpe geken so voel ek okei.

Donderdagoggend skryf ek die ander, moeiliker ene oor Financial Operations so moet ek nou swot-swot.

Die droom lewe nog. Een dag sal ek kan sê, “Ek is ‘n rekenmeester!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam