Terug van Suid-Afrika, môre België

Ek is nou ‘n paar dae terug in Londen na so ‘n fantastiese vakansie in Suid-Afrika en Namibië met vriende en familie. Drie weke was ‘n baie lang tyd om weg van my huis af te wees en ek was so bly toe ek terug gekom het en het my vrou weer gesien.

Ek het vroeër geskryf oor wat ek gedoen het en waar ek was so daar’s miskien nie te veel meer om te sê nie. Ek het klompie Afrikaanse boeke en koerante gekoop so daar’s veel om nou in Londen vir my te lees. Eintlik een ding wat baie cool was, is toe ek ‘n Van Coke Kartel t-hemp probeer koop het want ek kon nie een in die winkels koop nie. My vriend het my gehelp en het ‘n paar mense gebel en uiteindelik het hy met die kitarris gepraat en ons het sy huis toe gegaan om een te kry en het ‘n klein bietjie met die band gesels.

Ek wou ek het meer Afrikaans gepraat maar soms was ek eintlik baie bly om Engels te praat. Ek kon nie almal se aksent verstaan nie en mense praat so vinnig dat dikwels ek sukkel. Ek vind dit nou makliker om Afrikaans te lees, ek dink. Wel ek het amper ‘n hele Afrikaanse boek op die vlug gelees. Ek weet nie hoeveel ek my Afrikaans verbeter het nie en ek weet ek maak foute wanneer ek dit praat en skryf maar dit was so goed om die lewende taal te ervaar.

Dit was lekker om familielede weer te sien maar ongelukkig kon ek nie almal sien nie so ek wil nou volgende jaar terug kom en huur ‘n motor en ry deur Noord-Kaap en gaan cousins in Johannesburg sien. Ons het ook ‘n neef in Maputo so dan kan ek ‘n ander Afrika land besoek. Ek weet nou meer oor Suid-Afrika en het ‘n beter idee oor wat ek wil en kan doen.

Ek moet sê ek was baie bly om te hoor dat soveel mense Afrikaans nog praat. In die buiteland lees jy dikwels dat die talle mense wat Afrikaans praat, daal. Dit is dalk die waarheid – ek weet nie, ek woon oorsee – maar in Noord-Kaap en Namibië was Afrikaans die baas.

En nou gaan ek môre België toe.

Onder is ‘n paar foto’s.


In Kalkbaai buite ‘n restaurant wat ‘n ou spoorwegwa is.


Valsbaai. Dit was warm en winderig.


‘n Herdenking aan soldate wat gesneuwel het. Die Kasteel, Kaapstad.


Kolmanskop, Namibië. Baie interessant en vol Duitsers.


“Is jy ‘n rob? Ja, jy is!” ‘n Rob in Walvisbaai. So ‘n mooi vent.


Die strand tussen Swakopmund en Walvisbaai, Namibië.


Hohenzollernhaus, Swakopmund.


Duitse Lutherse kerk, Swakopmund.


Windhoek.


Vrouens verkoop velle op die B1 suid van Windhoek af.


‘n Paar kilometers suid van Rehoboth af, Namibië.


Kees die bobbejaan rook sy pyp. Die hotel in Keetmanshoop. Hy is dood maar dis ‘n bietjie vreemd.


Karretjie mense in Namibië en Britstown, Noord-Kaap!


Augrabies-waterval.


Ek staan by Augrabies-waterval, Suid-Afrika.


Binne die Taal Moumument, Paarl.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam