Tag Archives: Londen

Januarie lei nou na Februarie

Saterdag het ek en ‘n Suid-Afrikaanse vriend na ‘n paar kroeë aan die Teems gegaan, wat altyd ‘n mooi manier is om die middag deur te bring. In ‘n stad vol geskeidenis en toeriste, is die kroeë een van die mees beroemde aantreklikhede van die stad.

Nou is die weer koud, maar nie so koud nie, maar die groter probleem is die inflasie. Natuurlik kos bier of kos altyd veel geld, maar nou word die prys veel hoër nes alles anders wat jy koop. Maar die kroeë staan nie leeg nie. Mense wil by mekaar kom in klompie vriende en of in pare en wil gesels. Drink ons minder, suip ons meer? Miskien ja, en ons het almal ons eie idees oor hoe ons kan goedkoop drink.

Ek skryf al jare lank ‘n lys van al die kroeë wat ek beoske het, so sluit dit in my gunstelinge kroeë waarheen ek vriende moet saambring. Dit laat my verder oor die hele stad dwaal om by voorstede, dorpies en strate te kuier waarheen ek gewoonlik geen rede het om te gaan nie. Daar’s iets mooi om met die trein of moltrein binne die stad te ry sonder ‘n ware doel behalwe ‘n paar biertjies met vriende te suip en om ‘n nuwe gebied te verken. Ongelukkig vind ek amper geen Suid-Afrikaanse kroeë meer nie, en dié wat bly is miskien Suid-Afrikaans-agtig in plek van iets egts maar dis beter as niks.

‘n Toeris in sy eie stad

Vandag skyn die son en na ek ‘n paar ure se studie gedoen het – ek wil seker maak dat my eskamens op die eerste en enige keer slaag – het Greenwich toe met die DLR gery. Die rede is dat ek wou HMS Bulwark sien, wat vir ‘n paar dae in Londe vasmeer is. Toe ek kind was, wou ek eintlik by die seemag aansluit. Hierdie week het ek aantal klein seemag bote gesien wat verby ons kantoor geseil het insluitend twee skeertuie vol seesoldate. Later het ons die rede uitgevind.

Eintlik het ek by Mudchute afgeklim want ek wil die uitsig van Greenwich van die noorde kant af kyk, dis baie mooi uitsig oor die Royal Naval College en ‘n bietjie verder agter Greenwich Park en die Royal Observatory.

Toe het ek onder die Teems met die Greenwich foot tunnel geloop, wat na my mening een van die meeste indrukwekkende prestasies uit die eeu van Konigin Victoria is. Dis vreemd om te dink dat jy eintlik onder die rivier mag stap in ‘n tonnel wat so oud is. In die somer as dit te warm raak is dit lekker koel om daardeur te loop met al die koue kondensasie.

In Greenwich kon jy foto’s van HMS Bulwark afneem maar ongelukkig kon niemand gaan besoek nie. Dis klein in vergelyk met Amerikaanse oorlogskippe maar vir ons is dit een van die grotste in ons seemag.

'n Skeertuig vol seesoldate

'n Skeertuig vol seesoldate

HMS Bulwark

HMS Bulwark

HMS Bulwark

Ver in die afstand sien jy 30 St Mary Axe of "The Gherkin"

Greenwich foot tunnel

Greenwich foot tunnel

Royal Naval College, Greenwich

Royal Naval College, Greenwich