Hoe ons op skool geleer het

‘n Vriend kom onlangs terug van ‘n kort verlof in Suid-Afrika om by familie te kuier en met ‘n klompie tweedehande Afrikaanse boeke. Hierdie is gewoonlik baie goedkoop op verkoop want minder en minder mense elke jaar wil koop. Ek hou baie van hierdie boeke, dis die tipe geskenk wat ek baie waardeer en seker meer as duurder of nuwe geskenke. Vir my, gee dit ‘n geleentheid om na die verlede te kyk.

Onder die klompie is Fiela se Kind, ‘n moderne klassiek van Afrikaans wat ek nog nooit gelees het nie maar ek ken sy reputasie. Hierdie kopie kom uit skool biblioteek in die laat 1980s en vroeë 1990s, ver in die verlede toe ek ook op skool was. Ek het nogsteeds ‘n paar boeke van my skooltyd waarin ek ook notas met potlood geskryf het. Ek lees nou my handskrif en ek verbaas my beide hoeveel my handskrif verander het en hoeveel dit nog baie soortgelyk is. In hierdie boek is hul handskrif so netjies en klein soos ‘n konsienseuse kind s’n.

Field se Kind
“Field se Kind”

Deesdae gebruik leerlinge teknolgie soos skootrekenaars en tablets en alle leerstof word aanlyn gepubliseer en versprei. Ons almal onthou toe ons met ‘n biro notas skryf en lyne onder woorde en uitdrukkings streep. By die werk skryf ek met ‘n pen in ‘n notaboek maar miskien is die rede dat die staatsdiens weier om vir ons ‘n tablet te gee sodat alles geskryf en dan getik is.

Persoonlik hou ek daarvan om met ‘n pen te skryf en om my en ander mense se handgeskrewe teks te lees. Jy leer oor die skryfer, of miskien is dit meer akkuraat om te sê jy begin dink oor wie die skryfer in die werklikheid is. Jy let op wie se handskrif lyk pragtig en slim, en wie s’n is onleesbaar of morsig. Ek hoop mense hou van myne so veel soos ek doen ten spyte van die feit dat ek nie aangesluit handskif kan doen nie – ek skryf byna soos ‘n seuntjie!

Field se Kind met handgeskrewe notas
‘n Bladsy van “Field se Kind” met handgeskrewe notas

Toe ek Afrikaans begin leer, stuur my ouma in Johannesburg vir my ‘n oud woordeboek wat aan die dogter van haar vriend besit het en sy het haar naam op die kant van boek geskryf. Ek ken haar nie maar as ek my Afrikaanse roman skryf sal ek haar naam aan die heldin gee.

Nou lees ek die boeke en die name van die studente wat amper dertig jaar gelede hierdie boek geleen het. Waar is hulle nou? Onthou hulle die keer toe hulle die roman moes lees? Duisende myle weg en veel jaar later leef voort hul name hier in my Afrikaanse boeke versameling.

Ons is nie almal so nie

Ek lees nou Ons is nie almal so nie wat soos ek ‘n paar dae gelede geskryf het dat ek onlangs gekoop het.

Dis slegs die tweede of miskien derde Afrikaanse boek wat ek probeer lees het en ek moet sê hierdie keer is dit nie so moeilik soos ek verwag het nie. Ek leer nuwe woorde en grammatika en ek glo ek verstaan omtrent 85 persent. Nou weet ek mense eis om amper alles te kan verstaan maar ek is realisties en ek weet daar’s stukke wat ek nie kan volg of uitwerk nie maar ek is altyd opgewonde as ek op die moltrein is om ‘n bietjie vrye tyd te kry om te lees. Na ek dit voltooi lees sal ek een van die ander 50 Afrikaanse boeke wat ek het, begin lees – en hulle lyk veel moeiliker.