Ons is nie almal so nie

Ek lees nou Ons is nie almal so nie wat soos ek ‘n paar dae gelede geskryf het dat ek onlangs gekoop het.

Dis slegs die tweede of miskien derde Afrikaanse boek wat ek probeer lees het en ek moet sê hierdie keer is dit nie so moeilik soos ek verwag het nie. Ek leer nuwe woorde en grammatika en ek glo ek verstaan omtrent 85 persent. Nou weet ek mense eis om amper alles te kan verstaan maar ek is realisties en ek weet daar’s stukke wat ek nie kan volg of uitwerk nie maar ek is altyd opgewonde as ek op die moltrein is om ‘n bietjie vrye tyd te kry om te lees. Na ek dit voltooi lees sal ek een van die ander 50 Afrikaanse boeke wat ek het, begin lees – en hulle lyk veel moeiliker.

3 thoughts on “Ons is nie almal so nie

  1. Alta

    Ek wens so ek kan ‘n paar boeke by jou uitkry. Daar is so baie wonderlike Afrikaanse boeke. Jeane Goosen is baie beslis nie een van my gunsteling skrywers nie. Sy is te veel daarop ingestel om die blanke Suid Afrikaners in ‘n slegte lig te stel en te skok met dit wat sy skryf. Haar uitsprake is nie altyd realisties en getrou aan die waarheid nie.

  2. Alexander Post author

    Ek sien jou punt maar ek het haar boek gekoop want dit is baie selde dat Afrikaanse boeke op verkoop in Londen is so koop ek al wat ek vind. Dit is maklik om te lees. Ek het ook Fritz Deelman boeke, AHM Scholtz se “Vatmaar”, Koos Kombuis en veel anders wat ek moet lees. Ek het ook al die Kuifie boeke, ek hou baie van sy avonture.

  3. Alta

    Solank jy Afrikaans lees is dit wonderlik. Ek is ook baie lief om te lees en lees baie engelse boeke ook. Britse sowel as Amerikaanse skrywers. As my vriendin van Londen in Suid Afrika kom kuier later in die jaar sal ek haar vra om ‘n paar boeke vir jou saam te vat. Sal jou nader aan die tyd laat weet dan kan jy kontak besonderhede stuur.

    Maak bietjie ‘n lys van al jou afrikaanse boeke as jy tyd het ek is nuuskurig om te weet wat jy alles het.

    Lekker lees

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam