Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do

Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do
Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do

Verlede week was ek in die kroeg met ‘n paar ou werk kollegas insluitend ‘n Afrikaanse vriend wat saam met ons gewerk het en hy het vir my ‘n kopie van Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do gegee. Ek het dit probeer kry want hulle is een van my gunstelinge Suid-Afrikaanse bands.

Gister het ek dit op my iPhone opgelaai en op die moltrein gekyk. Nou soos ek op veel kere gesê het, is ek nie Suid-Afrikaner nie en ook wil ek nie om Suid-Afrikaner probeer wees nie; ek is Brit en kom hiervandaan. Die taal interesseer my baie en dus stel ek ‘n groot belang in Afrikaansetalige kultuur. Die tipe Afrikaanse musiek waarna ek luister sluit musiek in wat nader is aan die tipe musiek waarna ek gewoonlik luister (Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Kobus!) en ook musiek wat anders as my gewone musiek is (Kallitz, Dokte, Brassie Vannie Kaap, Terror MC). Ek dink ook daar’s populêre Afrikaanse musiek wat verskriklik is.

Wat ek bedoel is, is dat ek nie heeltemal kan verstaan net hoe ‘n groot impak die bende op Suid-Afrika, die kultuur en jong mense gehad het nie want ek kom uit ‘n verskillende land en kultuur. Sonder om dit te ervaar het, hang ek af daarvan om daaroor te lees en om na mense se opinies en verduidelikings te luister maar ek het dit nooit gevoel nie so kan nie rêrig weet wat dit vir party Suid-Afrikaners bedoel. Ek kan net feite en interpretasies erken.

Die rolprent. Ek het dit baie geniet en dit fasineer my om uit te vind net hoe hierdie vyf okes so ‘n groot verskil gemaak het en oor alles wat invloede op hulle was. As jy ‘n verskil maak, kan jy. Dit lyk vir my vreemd want ons in Europa is gewoond aan hulle soort gedrag, vir ons is dit baie gewone maar ek sien hoe anders Suid-Afrika as ons is. Natuurlik is hierdie tipe storie hulle storie en nie die storie van hulle kriticusse nie, hulle kan kies wie se storie in die rolprent verskyn. En daar’s veel Suid-Afrikaners wat nie van hulle hou nie.

Die ander goeie ding was net hoeveel Afrikaans ek kon verstaan, die aksente en uitsprake nie te swaar was nie en ek het ook nuwe woorde, uitdrukkings en idioom geleer so was dit ook ‘n opvoedkundige geleentheid, ek dink!

Ek het eintlik Fokofpolisiekar op twee kere in Londen gesien en hulle en Van Coke Kartel kom weer in Mei speel. Toe ek laas in Kaapstad was het ek ook Van Coke Kartel ontmoet wat baie cool was. Ek het reeds my kaartjie gekry. Hulle speel die dag na ek my eksamens skryf so is dit ietsie om baie daarna uit te sien.

Na die kroeg het ons in McDonald’s gesit en geëet – wel wat kan ek sê, soms sit ons almal daar – en het in Afrikaans gesels. Ek praat Afrikaans selde dus moet ek opwarm anders sukkel ek om in Afrikaans te dink maar na ‘n paar minute voel ek amper vlot en ek kan maklik tuseen Afrikaans en Engels wissel. Eintlik die ding wat my verbaas is net hoeveel ek kan sê, weet ek veel meer as ek vermoed.

Dit was miskien ‘n bietjie vreemde toneel, drie mense sit op ‘n tafel op Whitehall en twee praat Afrikaans en die ander oke op die tafel (ons ken hom nie) praat Spaans met vriende op sy foon. Toe stap ‘n ander kollega in en ons praat in Engels met hom en toe retoer na Afrikaans. Die Spaanse oke kyk na ons en is ‘n bietjie deurmekaar. Maar dis Londen, dis hoe ons nou is.