Rugby in Twickenham

Gister het ek Twickenham toe gegaan om rugby te kyk. Nou gewoonlik doen ek nie dinge soos dié nie – voetbal is my sport – maar ek het Boland Kavaliers sien speel toe ek onlangs in Suid-Afrika was wat ek geniet het.

Op pad Twickenham toe het ek boerewors van ‘n padstal gekoop wat baie lekker was. Twickenham Stadium is baie indrukwekkend ek moet sê. Ek het nie besef net hoe groot dit is nie. Nie so goed soos Arsenal nie maar nog baie goed. Ons het ‘n baie goeie uitsig van ons sitplekke af. Daar was twee wedstryds om te kyk – eers London Irish teen London Wasps en toe Harlequins teen Saracens. Ek is nie bewonderaar van enige span nie maar ek was meer as bly om te kyk, om bier te drink – wat jy nie op voetbal mag doen nie – en om met my vriende te gesels. Nadat was ons kroeg toe om oor Suid-Afrikaanse rugby en krieket te praat – twee van die ander mense is Suid-Afrikaners. Onderwerpe waaroor ek weet niks!

So ja, baie lekker en ek wil meer rugby kan sien.

2 thoughts on “Rugby in Twickenham

  1. Eben van Renen

    Ek dink ek en Natalie, my skoonsuster en haar seun het ook Saracens en Wasps gesien speel op Twick. Dit is ‘n baie indrukwekkende stadion. Snaaks genoeg (of nie!) het ek ook ‘n boerewors rolletjie daar gekoop. Piepklein en peperduur! Dit het my net SA meer laat mis, maar ‘n mens moet seker nie kla as jy darem so ‘n smakie ten minste in kan kry nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam