Daily Archives: 27/09/2010

British Museum

Lisa: It’s a plague, you moron! And we got lots more planned – and there’s nothing you can do about it!
[Maybe there is. Wiggum takes the two to the pyramid, where he shoves them down a shaft]
Wiggum: So long, kids! Give my regards to the British Museum.
[laughs as the top of the shaft is sealed]

Simpsons Bible Stories, AABF14, 4 April 1999

Een van my eerste en oudste geheues is toe die familie Londen toe gekom het want my pa se oom van Johannesburg af het kom besoek. Ek onthou dat ons die British Museum besoek het en een ding wat my skrik gemaak het, was ‘n skelet in ‘n graf uit Antieke Egipte. Ek was miskien vier of vyf jare oud en nou lyk dit ‘n bietjie vreemd.

Ek is nou lid van die musuem en saterdagggend het ek besoek voor ek na die voebtal toe gegaan het. Dis beslis my gustelinge museum in Londen en ja ons het so veel gesteel maar dis fantasties.

Daar’s ‘n interessante en klein tentoonstelling oor Impressions of Africa: Money, Medals and Stamps en ‘n permanente tentoonstelling oor geld and kontant. Die beste uitstalling na my mening was was ‘n ou een pond (nie rand nie) banknoot van die Zuid-Afrikaansche Republiek geïnteresseerd en die aspek wat my baie geïnteresseer het, was die taal. Dit is natuurlik in ou Nederlands geskryf en jy sien hoe destyds dit meer soos Duits gelyk het want dit gebruik die ou genetief vorm van die bepaalde lidwoord der wat baie selde in Algemene Nederlands gebruik word. Dus sê dit Die Nationale Bank der Zuid-Afrikaansche Republiek. Ongelukkig was dit baie moeilik om ‘n goeie foto af te neem want dit lig was baie sleg en dit was in die hoek.

Daar’s ook ‘n Zimbabwese honderd triljoen dollars wat my aan Dr Evil in Austin Powers herinneer, “We get the warhead and we hold the world ransom for… ONE MILLION DOLLARS!”. As iemand in Suid-Afrika vir my ‘n hyperinflasie Zimbabwese banknoot kan kry, sal dit baie waardeer. Ek hou daarvan vreemde en ou geld versamel en n bietjie van numismaties.

In die sentrum buite die oorspronklike British Library staan The Lion of Knidos. Hy’s ‘n mooi ou steen cat.

Een Pond van Der Zuid-Afrikaansche Republiek van 1899

Een Pond van Der Zuid-Afrikaansche Republiek van 1899

Twintig Rand van 1933

Twintig Rand van 1933

London Natal Bank 10 Schillings

London Natal Bank 10 Schillings

Nederlandsch Oost-Indien - vyftig gulden van 1815

Nederlandsch Oost-Indien - vyftig gulden van 1815

Rhodesiërse Pound

Rhodesiërse Pound

Een honderd triljoen dollars van Zimbabwe

Een honderd triljoen dollars van Zimbabwe

Lion of Knidos

Lion of Knidos

'n Graf uit Antieke Egipte. Toe ek baie jong was, het dit my baie bang gemaak!

'n Graf uit Antieke Egipte. Toe ek baie jong was, het dit my baie bang gemaak!

Die Antieke Egipte deel van die museum is deur The Luxor Hotel in Las Vegas geïnspireerd

Die Antieke Egipte deel van die museum is deur The Luxor Hotel in Las Vegas geïnspireerd