Daily Archives: 10/09/2010

Onlangse gebeurtenisse

‘n Paar naweke gelede het ons na Reading Festival toe gegaan soos ons elke jaar doen. Vanjaar was ons ‘n bietjie onseker of ons eintlik wil gaan, ons het begin wonder of ons nou te oud is en of ons die metaal feeste verkies. Elke jaar staan ek op ‘n paar kere vir ‘n paar dae in ‘n groot veld en gee meer as £200 uit!

Voor ons gekom het, het dit kwaai gereën dus was dit baie modderig en meer as in verlede jare. Gelukkig het ons nie gekampeer nie – dit het soos hel gelyk! Ons het dus elke dag na Reading toe gery wat ons baie moeg gemaak het maar dit was ook veel makliker. Vrydagaand was baie vreemd. Ons was baie opgewonde om weer Guns N’ Roses te sien speel, wat die headline band was. Ongelukkig was hulle belaglik en hoewel ek destyds baie kwaad was, sien ek nou net hou snaaks dit was. Ek is bly nou dat ek dit getuig het! Alles was verkeerd en afskuwelik. Die ander bands was veel beter veral Kvelertak, Crystal Castles en Limp Bizkit. Al die ander bands het geweet hoe ‘n goeie gig te speel so dit was net GNR wat alles opgefok het. Ons het reeds kaartjies vir 2011 gekoop so miskien is nie te oud nie.

Verlede naweek het met Willem na die London Double Header in Twickenham toe gegaan wat elke jaar op die begin van die nuwe seisoen plaasvind. Daar’s twee wedstryde tussen die vier Londen rugby spanne. Ek is nie ‘n groot rugby fan nie maar ek het ook op twee kere in 2008 and 2009 gegaan so maak ek die poging om elke jaar nou te gaan. Ek moet sê ek het dit weer baie geniet en ons het baie goeie kaartjies van ‘n tout af gekry, eintlik het ons hom geroof! Ons het so ‘n ongelooflike mooi uitsig gehad. Ongelukkig het Saracens verloor maar ons het lekker gepaartie en gesuip, wat meer belangrik was!

So ja, foto’s.

Kvelertak

Kvelertak: Vroue wil hom hê, manne wil hom wees

Kvelertak

Kvelertak: Noordse mitologie en Wiking sprokie punk-metaal in Noors. Uitstekend!

Kvelertak

Kvelertak: die tattoos op sy nek moet sy pa baie pla

Modder

Modder

Guns N' Roses

Guns N' Roses. 'n Gig om te sê dat jy gesien het vir al die verkeerde redes

Dromedary

Drommedaris

Die kommentators

Die kommentators

Hy skop

Hy skop!