Category Archives: Arsenal

FA Cup Final

Saterdag het ek na Wembley-stadion toe vir die FA Cup Final gegaan om die Arsenal te sien speel. Dit was die tweede keer hierdie seisoen dat ek Wembley toe vir die Arsenal was, die ander keer was die semi-finaal – en ook het ek Saracens sien speel maar rugby is nie die onderwerp van hierdie skrywe nie.

FA Cup Final

Die uitsig van ons sitplekke by die FA Cup Final

Die FA Cup Final is vir ons voetbal fans baie spesiaal. Mense praat oor “the fun of the Cup”. Jy speel teen ander spanne wat gewoonlik nooit na jou stadion kom nie. Groter spanne word deur kleiner spanne geklop, en ek het op veel kere gekyk toe Arsenal deur kleiner spanne uitgeklop is en dis nie lekker nie. Hierdie jaar moet ons enigiets wen want ons het al nege jaar lank daarvoor gewag. Gelukkig kon ons agt wat gaan na die tuis wedstryde toe gaan, kaartjies kry. Ja, dit was baie duur maar ons sitplekke was fantasties reg agter die doel waar die wendoel aangeteken is en ons uitsig was briljant. Dis nie elke seisoen wat ons Wembley toe gaan nie.

Die ding oor sport is gee jy nie om oor hoe goed jou span speel nie, jy wil het hê dat hulle wen. Saterdag het ons nie baie goed teen Hull City gespeel nie en hulle het baie vinnig twee doele aangeteken en het amper ‘n derde doel gekry. Ons was vol wanhoop! Gelukkig het ons geweet dat Hull vinnig moeg sou word en ons het twee doele gekry wat tot ekstra tyd gelei het toe ons die wendoel gekry het en almal het so hard gejuig en gevier. Dit was ongelooflik, ons was uitgeput daarna!

Die atmosfeer was spannend en vriendelik, daar’s ‘n ware gees van die Cup. Ons het ‘n bietjie met Hull fans gesels wie die dag geniet het alhoewel hulle baie teleurgestel was. Niemand het geveg – die gewone beeld an voebtal fans – almal het staan en wag vir die moltrein en gesels en sing en suip.

Gister het die sege parade in Islington plaasgevind en volgens die koerante het omtrent 250,000 mense (amper 3 persent van die stad se bevolking) kom vier, ek kan nie dit glo nie. Die strate was vol mense – jong, oud, manne, vroue, kinders, tienaars, kleintjies – in truie met serpe en vlae wat die span en die mascot Gunnersaurus wil sien.

Dikwels het mense sekere idees oor voetbal en die fans maar in my ervaring bestaan daar ‘n groter identiteit en solidariteit waaraan ons almal behoort. Ja, ons spot met ander fans en maak grappies oor hulle span en wil hê dat ons mededingers sal sukkel maar ons waardeer die speel en hoeveel dit vir ons bedoel. Ek kyk ook rugby en die fans is anders, beslis witter en meer verfynd. Ek hou van rugby maar ek is van kleins af ‘n voetbal fan en ek verkies die ervaring bo alles. Praat met fans op die trein, in die kroeg, in die kantoor, oorsee en jy besef jy is nie alleen nie, daar’s altyd nog ‘n ander mens wat dieselfde span ondersteun wat saam met jou wil graag gesels en klets. Jy maak nuwe vriendskappe deur voetbal.

We love you Arsenal, we do!

Die voetal seisoen is amper klaar en my drome en hope het verdwyn. Binne vyf dae het ek Arsenal op twee keer sien verloor en ek bedoel nie net verloor nie, maar word heeltemal gedonner. Ek het nie verwag dat ons die twee wedstryde sou gaan wen nie maar ek het nie verwag dat ons so sleg kon speel en verloor in so ‘n manier nie! Ons was verskriklik en sonder idees en dit lyk nou asof alles in die volgende seisoen meer moelik vir ons sal wees. Die ander spanne in die “groot vier” het gewys net hoeveel beter hulle is en dan al die ander spanne word elke seisoen beter en beter. Die slegste aspek is dat ek nie kan kla nie. Ons ondersteuners het begin besef dat ons deesdae nie so goed soos die ander drie groot spanne is nie.

Dis snaaks as jy jou span sien verloor. Soms is jy kwaad en jy skreeu en alles is iemand anders se fout. Op ander keer, soos hierdie week, vind jy dit miskien ‘n bietjie snaaks want dis so ‘n verleentheid! Jy gee nog om maar ek ook wanhoop. Jy weet daar’s niks wat jy kan doen nie en jy moet maar lag. Daar’s spelers wat ‘n groot salaris bedien wat lyk asof hulle lui en nie-geïnteresseerd is. Soms kan hulle ‘n wedstryd binne ‘n paar sekonde verander en dit verbaas jou. Jy sing hulle name, jy praat oor die klein besonderhede wat hulle gedoen het, hoe intelligent hulle is, hoe belangrik hulle is. Op ander keer is dit heeltemal anders. Dit lyk asof iemand hul liggam gesteel het. Hoe kon hy nie ‘n doel kry nie? Is dit rêrig dieselfde ou?

Dan is daar spelers wat nie briljant speel nie, wat nie eintlik baie goed is nie en hulle skei die ondersteuners se opinies. Jy wonder hoekom hulle nog in die span is. Hulle is die slegste speler ooit! My ouma kan beter speel! Hoeveel verdien hulle om so kak te speel, dis ‘n skande! Verkoop hom nou! Maar ook soms het hulle genie. Arsenal het veral twee spelers wat vroeër in die seisoen nie goed gespeel het nie, wat slegte gesinshede gehad het en ons ondersteuners was meer as bereid om hulle te laat weet wat ons oor hulle gedink het. Toe het hulle verander, soos ‘n wonderwerk. ‘n Klein verskil hier en daar, hulle kerm nie, hulle bly stil en net speel voetbal. Het hulle ons gehoor en besef dat hulle van die ondersteuners afhang? Nou begin ons praat oor hoekom hulle dalk die wedstryd kan verander. Ons hoop dat hulle miskien nie in die sommer verkoop word nie; daar’s ander, luier spelers wat ons eers moet verkoop.

Okei, dis nie te sleg nie. Ons is ‘n groot span met goeie spelers, ‘n fantastiese stadion, duisende of miljoene ondersteuners en ons gaan nie sukkel nie. Vriende ondersteun ander spanne wat kleiner, armer en minder suksesvol is. Ek kerm soos ‘n ryk man wat nie gewoonte aan die huigide situasie is nie, om te verloor en sleg te speel! Hulle sien dit elke week, elke seisoen. Dit klink soos hel!

Ek hou baie van die wedstryde en die een dinge wat slegter is as om te verloor is om vir die komende seisoen te moet wag! Drie maande sonder voetbal, ons sukkel om te oorleef!

Voetbal, die ware sport

Gister het ek die Arsenal wedstryd teen Derby gaan sien. Dit lyk asof ek nou die hele tyd kan gaan – dit was die tweede keer hierdie week en ek gaan ook weer terug om Dinsdagaand. Ja, ek moet in die hemel sit en die kaartjie was meer as ‘n bietjie duur maar om die span so fantasties te sien speel as hulle Derby donner was briljant. Mense het vroeër gesê het dat ons hierdie jaar sal gaan sukkel en die seisoen is maar twee maande oud – wel tans sit ons bo-op die Premiership en dis genoeg vir die bewonderaars.

Daar’s ‘n paar foto’s onder.