Category Archives: Alexander

Nederlandse TV oor die Basters

Ek het hierdie Nederlandse nuus berig oor die Rehoboth Basters gevind. Ek dink die nie-blankes Afrikaanssprekend gemeenskappe is baie interessant en belangrik maar te dikwels as jy oor die taal praat en lees vind jy geen noeming van hulle of hul kultuur nie. Dis snaaks om Afrikaans met Nederlandse onderskrifte te sien!

Black Book/Zwartboek

Gister het Black Book/Zwartboek gaan sien. Dis ‘n nuwe Nederlandse rolprent van Paul Verhoeven en dis baie goed. Ek sal nie sê wat gebeur nie – lees die Wikipedia artikel as jy moet weet voordat jy dit gaan sien – maar ek was bly dat ek veel kon verstaan maar natuurlik het die onerskrifte my gehelp. Persoonlik verkies ek Afrikaans bo Nederlands maar hierdie rolprent maak my dink miskien sal ek ook ‘n bietjie meer Nederlands leer. Ek hoor ook dat ek nader aan Nederlander as Suid-Afrikaner klink wanneer ek Afrikaans praat! As iemand wil dit sien laat my weet want ek is meer as bly om dit weer te sien.

Vrydagaand het ek Afrikaans in die kroeg met Suid-Afrikaners gesels wat goed was. Hulle vind dit baie snaaks dat ‘n Brit Afrikaans wil leer, wel die Engelse doen, maar die Afrikaner was bly om die geleentheid te kry om sy taal te praat omdat hulle gewoonlik net Engels saam mekaar praat.

En ek sal die volgende koffiekroeg beplan. Hopelik kan ons in Februarie iets reël wanneer almal geld het. Ek sal julle laat weet.

En uiteindelik, het Arsenal vandag gewen en ek is baie bly, “Arsene Wenger se rooi en wit leër!”

Januarie is nie die maand om uit te gaan drink nie

Vrydagaand het ek en ‘n vriend uit Leeds in Camden en Soho gaan drink, net soos elke naweek. Die mense was volop wat ‘n verrassing was aangesien dit baie koud en winderig gewees was. Maar dit was nie pret nie. Orals lyk soos dit stil was, mense het geen energie nie en ons het gevoel dat ons te groot ‘n poging moet maak om dit te geniet. Die bier was vuil (kettery!), die mense was lastig (net soos altyd!) en ek was meer as bly om met die nagbus huistoe te ry.

Dus het ek ‘n nuwe opmerking gemaak – die eerste werk Vrydagaand in die nuwe jaar is die slegste aand in die hele jaar en Januarie is die slegste maand om uit te gaan drink en te speel. Ek kan nie verduidelik hoekom nie. Miskien is almal so gatvol nadat die eerste week terug by die werk dat hulle net buite die huis wil gaan maar dit werk nie. Dis nie soos die dae wat tot Kersfees lei nie wanneer almal gelukkig en opgewonde is. Die eerste paar dae na Kersfees en in die nuwe jaar is teleurstelling. Die nuwe jaar is te jong om te weet wat gaan gebeur en wat nuwe ervarings jy gaan kry en geniet.

Nee, ek besef nou dat Januarie die maand is om tuis te bly, om geld te spaar, om weer ‘n bietjie werk te begin doen (maar nie te veel nie – almal verstaan dat jy nie nog in die nuwe jaar opgewarm het nie), om lekker te onstpan en om te besluit wat jy graag wil bereik en doen. Alles begin weer in Febuarie sodra jy betaal word. Dié is die eerste dag van die nuwe jaar.

‘n Nuwe jaar maar ons weet dat alles waarskynlik dieselfde sal wees

Ek voel ek moet iets skryf omdat ek onlangs baie lui gewees was en het niks nuut geskryf nie. Ek weet dis nie ‘n goeie reed nie maar wanneer het niks om te berig nie ‘n mens op die internet verhinder om te skryf..

Net soos almal gaan ek sê dat hierdie jaar ek alles anders gaan doen maar ek vermoed (wel, weet) ek sal net so lui soos altyd wees en niks sal verander maar ek is bly daarmee. Ek wil ‘n ware poging met my Afrikaans maak. Ek is baie bly met my vordering nadat ek nege jaar gelede myself die taal uit boeke uit begin leer het. Dis nou net ‘n kwessie om te besluit waarop is die regte dinge om te konsentreer en hoe ek kan verbeter.

Nie my beste berig nie, maar dis net “dag een” van die nuwe jaar en hopelik kan ek die kwaliteit van my toekomste berigte verhoog!

Spioene, Casino Royale en Jackass

Hierdie is die eerste keer dat ek met ‘n epos ‘n nuwe update probeer skryf.

Die koerante is besig om oor die voormalige Russiese spioen, Alexander Litvinenko, te skryf. Hy het eintlik nie te ver van ons oud huis in Alexandra Palace af gewoon en nie so ver van ons huidige ene af nie. Die regering is nie bly met die feit dat miskien buitelandse geheime agente hom in Brittanje maakgedood het nie.

Ek vind daardie feit ‘n bietjie snaaks en ironies. Vandag het ek Casino Royale by die bioskoop gaan sien en een aspek van James Bond se loopbaan soos geheime agent is om mense in die buiteland dood te skiet! Die rolprent was baie aangenaam veral op een keer is hy dukgesuip, wel okei was hy vergiftig maar dis nog snaaks en “dukgesuip” is my nuwe woord om te gebruik. Ek weet nie of hy beter as Fritz Deelman is nie, ek hang af van Eben om my te laat weet.

Gister het Kathryn (my vrou) en ek Jackass Number 2 gesien. Dis baie snaaks en ons het dit geniet en het baie hard gelag. Soos miskien jy oor my kan merk, ek hou van domme rolprente!

Die Afrikaanse Koffiekroeg

Gister se Afrikaanse Koffiekroeg ontmoeting was ‘n ware sukses en dit was goed om nuwe mense te ontmoet wat die taal wil praat. Almal het lekker gejol en gesels en ons het planne oor volgende ontmoetings gemaak. Die berig in Die Stem het ons baie gehelp om ander belangstellendes te vind.

Monica het onlangs haar internet maatskaapy Nostalgie gestig wat Afrikaanse DVDs uit Brittanje verkoop, so gaan besoek, gaan koop en gaan kyk!

Ek is nie baie slim met rekenaars nie!

Okei, baie baie dankie almal wat boodskappe gelaat het. Ek het nie besef nie dat ek die kommentare moet goedkeur dus weet ek nie dat daar ‘n klomp kommentare van soveel mense was nie. Ek weet baie min oor rekenaars en dis een reed hoekom ek getrou is – my vrou Kathryn is baie slimmer as ek met rekenaars! Ek waardeer baie julle terugvoer en dis goed om te leer dat soveel mense lees. Ek ken ‘n paar van julle maar ek ken nie Anonymous nie so laat my weet wat jou blog is sodat ek mag lees.

Gister het ek twee Afrikaanse joernaliste van Media24 ontmoet wat tans in Londen bly en werk so hopelik sal ek hulle weer ontmoet en bring hulle by die Afrikaanse Koffiekroeg se ontmoetings.

Fokofpolisiekar – hemel in die platteland, hel in die voorstad land


Okei eers die hemel, gisteraand het ek Fokofpolisiekar met Christo en Stan gaan sien en ek moet sê ek was baie beïndruk. Hierdie keer het ek naby die voorkant met my kamerafoon gestaan en het nie veel gedrink nie. Almal was mal oor hulle en persoonlik dink ek dit was beter as Woensdagaand.

Toe volg die hel, Zulus op Leytonstone. Jeez man die plek is afskuwelik! Ek weet dat Leytonstone nie die pragtigste plek ter wêreld is nie, maar die kroeg is honderd persent slegter. Ek kan nie beskryf nie net hoe verskriklik dit is. Die Aardvark is mooi, vriendelik en net ‘n tipiese Englese kroeg in ‘n stille voorstad, hierdie is iets anders. Ek wil nooit retoer nie.

Meer foto’s is beskikbaar hier, onder is die mp4s.

Hemel Op Die Platteland

Vernietig Jouself

Fokofpolisiekar en sjokodille

Ek het gisteraand Fokofpolisiekar gesien, dit was moerse goed. Die eerste Afrikaanse band wat ek gesien het. Ek gaan weer om Saterdag om hulle te sien.

Ek lees in die koerant dat die “Groot Krokodil” gesterf het. Ek kan nie daai uitdrukking hoor nie sonder om na Hostess Chocodiles te dink, die Groot Sjokodil. Persoonlik verkies ek Hostess Twinkies. Elke keer Amerikaners kom by ons bly sê ek vir hulle dat hulle vir my ‘n boks Twinkies moet bring! Ek is so ‘n kind.

Dis laat en môre is ‘n nuwe week

Ek het vandag ‘n epos van Die Stem ontvang – dis die gratis maandelikse Afrikaanse koerant in die VK. ‘n Ou in ons Afrikaanse koffiekroeg het ‘n brief vir hulle geskryf oor sy ervaaring as Nederlandssprekender om Afrikaans te leer en hy noem ons, dus wil hulle ‘n bietjie meer inligting oor die groep kry om tesame met die brief te publiseer. Dis so ‘n goeie geleentheid om die groep te bevorder en nuwe mense te bereik.

‘n Vriend het my vandag gebel wat na Pretoria vir drie maande se werk vlieg. Natuurlik is ek baie jaloers (en beïndruk) maar sy besef nie dat ek nou haar sal vra om Afrikaanse goed vir my te kry nie!

Donderdagaand

Ek sit en luister na Eben se potgooi wat baie goed is, net soos jy gedink het.

Ek het onlangs nie veel Afrikaans “gedoen” nie, ek is tans ‘n bietjie lui. Op die een kant gaan ek in November Fokofpolisiekar op twee keer sien speel en ek is baie opgewonde, maar op die ander kant het ek nie die taal gepraat nie. Ek probeer om elke dag ‘n bietjie Afrikaans te oefen – leer ‘n nuwe woord of lees ‘n klein berig maar tans is ons so besig op die werk wat eitnlik baie goed is.

Ek lees An Unpopular War wat ek op Kalahairi gekoop het. Ek’s nie Suid-Afrikaner nie maar dis tog interessant om hulle verhale te lees en om ‘n bietjie meer oor die land en die ervarring van soveel mense te ontdek. Ongeluk is daar te min Afrikaans.

Okei, dis al. Ek sal probeer om meer dikwels te skryf.

My geskenke in die pos

Een, ek het die SA Times lesers se opname (readers survey – ek weet nie die regte woord nie) voltooi en hulle het vir my ‘n gratis subskripsie vir een maand gegee. Ek het gevra of hulle meer Afrikaanse nuus en berigte kan publiseer.

Twee, my pakkie van Kalahari af het gekom! Ek het Paljas, An Unpopular War en The Forgotten Frontier gekoop. Die posgeld is so duur dit maak sin om ‘n klomp dinge te koop. Okei dit neem meer as vyf weke om te kom maar ek is bly daarmee.

Drie, my vriend Sybrandus in Kaapstad het die nuwe Kallitz CD vir my gekry! Dit het nie nog gekom nie maar ek is baie opgewonde!